Quantcast
Channel: Het jy gehoor? – SARIE
Viewing all 1931 articles
Browse latest View live

Jo Black sing die land aan die brand

$
0
0

Daar is ’n nuwe nuwe sangsensasie in die land: Jo Black. Hy kom uit die stal van die man met die goue hande, musiekvervaardiger Johan Vorster.

Jo se eerste musiekvideo van ’n enkelsnit is Woensdag op iTunes bekend gestel. Vandag word dié liedjie, “Skepe”, as enkelsnit vrygestel. Die musiekvideo het geëindig as nommer een op iTunes in Suid-Afrika.

Kyk die musiekvideo hier:

“Ek is oorweldig, ek het nooit kon dink ek sal nommer een wees nie. Ek sing al vir 16 jaar. Ek was nooit van plan on ʼn CD uit te bring nie. Dit was eers toe Johan Vorster en sy span my genader het dat ek geïnspireerd gevoel het om dit aan te pak”, vertel Jo aan SARIE.com. 

Sy tyd het aangebreek. Jo se musiek en albums word deur Johan Vorster vervaardig. Dit sê al klaar baie. As jy dink aan sangers wie se loopbane groot hoogtes bereik het met Johan agter hulle, kan jy nie anders as om te voorspel dat Jo Black sukses kan verwag nie. Dink aan Bok van Blerk, Dewald Wasserfall en Karlien van Jaarsveld, om net ’n paar te noem.

Jo het in sy begindae in kroeë gesing. Daarna was dit gospel en lofsang by kerke. Sy motiveringspraatjies by skole het die afgelope ruk aandag begin trek en gou was daar mediabelangstelling. Wie is die man met die groot baard en baie tatoeëermerke wat skoolkinders moed inpraat en adviseer? Sy boodskappe gaan oor onderwerpe soos selfdood, en hy sê vir jongmense: “Wees goed vir jouself en vir ander.”

FOTO Verskaf deur Jenni Griesel

FOTO Clinton Lubbe

Jo Black 5

FOTO Clinton Lubbe

Sy eie storie is aangrypend en inspirerend. Dis ’n verhaal van verslawing en sy pad was nie altyd maklik nie. Sy lewensverhaal laat jou luister met respek, afgryse en verwondering. En dan die applous, die cheer. Daai gevoel wat jy kry as één mens iets goeds doen, soos om ’n medalje te wen of ʼn drie te druk. Is dit hoekom daar so baie hart en siel in sy musiek is? Sy stem is manlik, maar gelaai met emosie. Die lirieke is diep sonder om te dweep. Poëties, liries miskien selfs intelligent, noem dit wat jy wil. En of jy daarvan hou of nie, sy musiek het artistieke meriete. Dis iets wat die laaste paar jaar skaars geword het onder baie Afrikaanse sangers.

Die jaar waarvoor Jo al so lank werk, het aangebreek. Nou proe hy uiteindelik sukses as sanger. “Almal ken my as die ou wat by skole praat en ek is dankbaar om nou ’n positiewe boodskap deur musiek oor te dra. Vergeet van my baard en my vellies en my tatoes. Dit gaan oor stigmas, ek hou daarvan om vooroordele te vernietig. Mense onthou my as gevolg van hoe ek lyk, maar as ek my mond oopmaak en hulle hoor my hart, dan voel ek dat ek die doel bereik het.

Jo se vollengte-CD word vroeg volgende jaar bekend gestel. Hy is getroud met Debbie en hulle het twee kinders, Dinieke (7) en Miané (4). Die gesin woon in Pretoria.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Lees nou

Verklap Rolene die geslag van haar baba?

3 trifles wat jou lewe gaan verander!

Celebs: SA se trotse pa’s deel babafoto’s

The post Jo Black sing die land aan die brand appeared first on SARIE.


Jack Parow vrek oor braaibroodjies

$
0
0

Die Afrikaanse kletsrymer Jack Parow sê: “Ek love braaibroodjies, dis vir my soos poeding. Dis my favourite ding om te eet, elke liewe kans wat ek kry, maak ek braaibroodjies.”

Hy neem brood, botter  -“ek botter nie die buitekant nie, ek weet party mense botter aan die buitekant, maar ek botter net die binnekant” – kaas, tamatie, uie en goeie tye, and that’s it. Dan sit hy dit op die braai, op lae hitte, en draai dit soveel moontlik om.

Jack Parow verkies dit.

“My pa het dit gemaak, my ma, it’s like a thing passed down forever and ever.  Dis maar net iets amazing – ’n lekker ou braaibroodjie. En voel Suid-Afrikaans. Dit maak nie saak waar in die wêreld ek toer of waar ek is nie. As ek ’n braaibroodjie maak, voel ek of ek by die huis is – dis die main ding daarvan. Ek is baie lief vir dit.”
* Parow en Jitsvinger gaan op 1 Desember ’n video uitreik op YouTube. Dit gaan oor pa-wees. Verder werk hy aan nuwe musiek en lewer hy in Desember heelparty optredes.

The post Jack Parow vrek oor braaibroodjies appeared first on SARIE.

Tweede verloofring vir Miley Cyrus?

$
0
0

Die Hollywood-paartjie Miley Cyrus en Liam Hemsworth is verlief, verloof en ons hoor binnekort die trouklokkies lui. Só lief is die Australiese akteur vir die Amerikaanse sangeres dat hy vir haar ’n tweede ring gekoop het.

Onthou, Miley het so ’n rukkie gelede gebieg dat sy nie eintlik van haar verloofring hou nie. Sy dra dit bloot oor sy lief is vir Liam. Lees meer hier.

Vir Miley se 24ste verjaardag het Liam vir haar nie sommer enige ring gekoop nie, maar ’n reënboogring! Ons wonder of Miley dit nou aan haar ringvinger gaan dra?

Happiest birthday to my favorite little angel!

A photo posted by Liam Hemsworth (@liamhemsworth) on

Kyk net hoe kleurryk het Miley se partytjie gelyk:

Best bday surprise ever from my loviessssss coming home to soooo much L.O.V.E!!!!!!! Wow !

A photo posted by Miley Cyrus (@mileycyrus) on

Oh em gee! It’s Emu CAKE! I’m freaking out

A photo posted by Miley Cyrus (@mileycyrus) on

Het jy geweet dat Miley se kleinsus, Noah, ook nou sing? Klik hier om te hoor hoe sy klink.

Lees nou

Só dra jy Ou Hollywood glans nóú

Verklap Rolene die geslag van haar baba?

The post Tweede verloofring vir Miley Cyrus? appeared first on SARIE.

Selena praat meer oor haar stryd

$
0
0

Te lank het sy baklei, skryf die Amerikaanse sanger Selena Gomez. Sy het altyd gevoel sy moes perfek wees, die perfekte beeld vir die wêreld uitstraal. Maar sy het die eerste keer in jare na haarself geluister. Gestop, eerlik gewees.

Ná weke uit die kollig, Selena het haarself in Oktober in ’n rehabilitasiesentrum laat opneem, is sy terug. Die regte Selena, met ‘duike’ en ‘krake’.

Sy het weer ná maande iets op Instagram met haar 103 miljoen volgers gedeel. Sy’s die bekende wat op dié platform die meeste gevolg word.

Sondag het Selena ’n emosionele toespraak gelewer by die American Music Awards. Sy het haar eerste AMA-toekenning gewen vir gunsteling-vroulike rock/pop-kunstenaar, berig E! News.

“Ek moes stop, want ek het als gehad. Maar in die binnekant was ek so gebroke. Ek soek nie erkenning nie, so ook het ek dit nie meer nodig nie … As jy gebroke is, hoef jy nie gebroke te bly nie.”

Selena het sedert haar toespraak nog nie teruggekeer na sosiale media nie.

Kyk haar toespraak hier:

Haar toespraak het talle individue oor die wêreld aangeraak.

Lees nou

Tweede verloofring vir Miley Cyrus?

Jack Parow vrek oor braaibroodjies

The post Selena praat meer oor haar stryd appeared first on SARIE.

Superma Candice se post-babalyfie

$
0
0

Die Suid-Afrikaanse supermodel Candice Swanepoel het in net 8 weke haar vietse lyf teruggekry. En ons monde hang behoorlik op die grond. Is dit te danke aan ’n gesonde leefstyl of goeie gene? Miskien is dit sommer albei.

Candice en haar verloofde, Hermann Nicoli (34), het op 5 Oktober hul eersteling, ’n seuntjie, Anacã, verwelkom.

Sy het onlangs ’n foto van haar post-babalyfie gedeel.

Still my babies

A photo posted by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

 

FOTO Instagram / @angelcandices

FOTO Instagram / @angelcandices

Kyk net hoe oulik lyk haar seuntjie:

Children of the tribe A photo posted by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

So Thankful   A photo posted by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

Die afgelope jaar het ’n klompie bekendes hul voet neergesit teen die streng voorskrif dat post-babalywe spoedig afgeskud moet word. “Dis geen skande om gewig op te tel tydens jou swangerskap (of ooit) nie!” het Oscar-wenner Anne Hathaway in Augustus op sosiale media geskryf.

Die druk op ma’s om ná swangerskap terug te bons na hul oorspronklike figuur is oorweldigend. En as jou voorkoms jou werk is, is daar geen genade nie. Veral nie in Hollywood nie. Nóg minder in die wêreld van supermodelle.

Candice se beste vriendin, Behati Prinsloo, die Namibiese supermodel en ook ’n Victoria’s Secret-engel, het twee maande gelede haar eersteling, Dusty Rose, verwelkom. Sy is getroud met die hoofsanger van Maroon 5, Adam Levine.

Kyk net haar vietse lyfie:

Supporting the hubby thanks to my awesome team @simoneharouche @cwoodhair @karayoshimotobua #amas #vivianwestwood #vintage A photo posted by Behati Prinsloo Levine (@behatiprinsloo) on

Die naweek skop The Victoria’s Secret Fashion Show in Parys, Frankryk, af. Groot name soos Lily Aldridge, die susters, Gigi en Bella Hadid, Kendall Jenner en Adriana Lima sal op dié loopplank verskyn.

Die nuwe superma’s Behati en Candice sal ongelukkig nie vanjaar loop nie, maar is in 2017 terug. Albei het dit bevestig op sosiale media.

Dit lyk omtrent of die Victoria’s Secret Angels hulself geniet.

All aboard the Angel jet. Next stop: Paris! #VSFashionShow   A photo posted by Victoria’s Secret (@victoriassecret) on

Hope you’re ready for us, Paris. #VSFashionShow #regram @jastookes @josephineskriver   A photo posted by Victoria’s Secret (@victoriassecret) on

Buddy system A photo posted by Bella Hadid (@bellahadid) on

We’re ready!!!!! Let’s gooo beautiful ladies!!!! @victoriassecret #VSFS2016 Coming for you Paris!!!   A photo posted by Bella Hadid (@bellahadid) on

Lees nou

Kyk! Dié trends uit jou tienerjare is terug

3 trifles wat jou lewe gaan verander

The post Superma Candice se post-babalyfie appeared first on SARIE.

Is Tracey Lange verloof?

$
0
0

Sy’s verloof, die beeldskone radio- en TV-aanbieder Tracey Lange is verloof! Wel, dit was ons eerste reaksie toe ons die reusagtige rots aan haar ringvinger gesien het.

Tracey het dié foto op Instagram gedeel:

Ongelukkig was dit net ’n grap. Sy het wel ja gesê vir sjampanje! Maar Tracey, daai ring lyk goed op jou vinger, hoor …

Sy en haar kêrel, Avukile Mabombo, is al vir meer as twee jaar saam. In SARIE se Februarie 2016-uitgawe het Tracey die volgende oor hom gesê:

“Avukile is so rustig, maar kan ook lekker gesels. Naweke maak hy vir die hele week kos, wat ons in ons onderskeie vrieskaste sit. Ons is al twee jaar saam, het al baie sakke sout opgeëet, maar kyk eers die kat goed uit die boom. Geniet die nou, ons het immers baie tyd.”

 

#WCW A photo posted by Avukile Mabombo (@avukile) on

Tyd benut hulle beslis en saam toer hulle die wêreld plat. Europa, Afrika en Engeland is van die reise wat hulle op hul blog Travul Diary geplaas het. Lees meer oor hul reise hier.

Lees nou

VIDEO: 60 walvisse speel in die Kaapse waters

Superma Candice se post-babalyfie

Lady Gaga: “Ek mis mense …”

Tweede verloofring vir Miley Cyrus?

The post Is Tracey Lange verloof? appeared first on SARIE.

Gideon Lombard groet SA

$
0
0

Vanoggend het die akteur Gideon Lombard Suid-Afrika gegroet en op ’n vliegtuig geklim na Argentinië in Suid-Amerika. Gelukkig is dit nie permanent nie, want hy is Oukersaand, 24 Desember, weer terug in die land! Wat gaan maak hy dan in die land van tango, Lionel Messi en die Iguazu-waterval? Iets besonders.

Gideon gaan die assistent-regisseur wees van ’n grootskaalse produksie van George Gershwin se opera Porgy and Bess. Die produksie sal by die Teatro Colon in Buenos Aires opgevoer word onder begeleiding van ’n simfonie-orkes met 100 lede! Gideon speel self ook in die opera.

“Ek is verskriklik opgewonde om aan die produksie te werk. Ek het my loopbaan met musiekstudies begin,” het Gideon vertel, terwyl hy op O.R. Tambo-lughawe gewag het.

Is daar iets wat Gideon nié kan doen nie?

Die afgelope jaar het ons hom gesien as die karakter Stefan Gerber in die kykNET-sepie Suidooster.

Screen Shot 2016-10-13 at 8.10.54 AM

FOTO Verskaf

Screen Shot 2016-05-09 at 9.46.07 AM

FOTO Verskaf

En vroeër vanjaar het hy die regie behartig en teks verwerk van Nagwandelaars, ’n toneelstuk gebaseer op C.J. Langenhoven se spookstories. Die produksie is by vanjaar se KKNK opgevoer. Hy sal ook volgende jaar by die KKNK te sien wees in die solovertoning en verwerking van Mark Behr se bekroonde roman Die reuk van appels. 

Maar tot tyd en wyl gaan hy vir ’n maand in Suid-Amerika wees.

“Twee weke saam met die produksie. En daarna gaan ek vir twee weke saam met twee goeie vriende toer. Ek sien regtig uit daarna!”

En gaan hy die vurige tango in die strate van Buenos Aires aanpak? “Beslis! Ek kan darem tango,” lag Gideon.

Vir dié akteur is die musiekwêreld nie vreemd nie, want dís immers waar sy wortels lê.

“Ek het eers musiek geswot, toe filosofie, toe film. Dis altyd vir my lekker om iets van als te doen. Ek bly maar lekker besig.”

En eendag die regie van ’n groot operaproduksie alleen behartig? “In die toekoms beslis! Maar nou is daar te veel goed wat my aandag verg en waaraan ek werk.”

Tot dan kuier Gideon darem nog in Suidooster!

Lees nou

Seuns, meisies se brein verskil ná trauma

Ontwerp self jou unieke trou-skoene

Uiteindelik – Fantastic Beasts is hier!

The post Gideon Lombard groet SA appeared first on SARIE.

Ruan Wessels oor boelies: ‘Dit was tough‘

$
0
0

Vir vyf jaar het Ruan Wessels die rol van Morné in die kykNET-sepie Binnelanders vertolk. Maar dis nie al nie, hy het ook naam gemaak in flieks soos Hoofmeisie, Roepman, Agent 2000, Dis ek, Anna en nou weer in Jou Romeo. Kollig het groot vreugde en verrassings oor sy pad gebring. Maar daar was ’n prys: Boelies. Van die begin af moes Ruan leer hoe om hulle te hanteer.

Ruan speel die hoofrol in dié nuwe Afrikaanse rolprent wat vroeg in Desember begin draai. Dis vervaardig deur Film Factory, wat ook trefferflieks soos Vir Altyd, Sy Kink Soos Lente en Vir die Voëls gemaak het.

Hy was net 13 jaar oud toe hy oudisies aflê vir Binnelanders en Hoofmeisie. In dieselfde week het hy gehoor hy het albei rolle losgeslaan. Hy was toe in die Hoërskool Noordheuwel op Krugersdorp.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Die sukses op so ʼn jong ouderdom was ʼn groot verrassing en vreugde vir Ruan, maar hy het gou besef dit kom teen ʼn prys.

“Ek is op genade deur skool. Ek het nie baie geleer of huiswerk gedoen nie,” het hy aan SARIE.com vertel. Hy moes boonop leer hoe om boelies te hanteer.

“Dit was tough. Kinders vorm hul eie opinies. Eers het ek gemaak of ek dit nie hoor nie, maar dit werk nie regtig nie. Wat wel gewerk het was om hulle te approach in liefde en vrede. Ek het net vir hulle gesê: ‘Ek gee jou nie moeilikheid oor jy rugby of krieket speel nie, moet my nie moeilikheid gee oor ek toneelspeel nie.'”

Ironies genoeg is hy self baie lief vir aksie-krieket. In 2012 was hy gekies as lid van die Proteas se Diamond-ontwikkelingspan. En in 2014 het ʼn bronsmedalje verower by die wêreld-kampioenskappe vir koeng foe.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Ten spyte van boelies bly dié donkerkop seun gewild onder kykers.

Sy karakter in Binnelanders was só gewild dat selfs toe sy ouers (gespeel deur David Minnaar en Elma Postma) die reeks verlaat het, het Ruan agtergebly.

Binnelanders het my van die begin af laat weet ek kan self besluit of ek wil aanbly of nie. Ek het die opsie.”

Ruan het sy kontrak by Binnelanders beëindig juis om meer fliekwerk te doen.

Hy het geen formele opleiding nie en het geleer soos wat hy aangegaan het. In die bedryf self. Dit was veral Dawid Minnaar wat baie gehelp het om hom touwys te maak

“Ek moes elke dag vroeër stel toe gaan sodat ons deur my teks kon werk. Hy (Dawid Minnaar) het my gewys hoe om deur ʼn teks te werk en my in toom te hou en professioneel te wees op stel.”

Jou Romeo gaan oor ʼn groep skoolkinders, verbode liefde en die stryd tussen die jocks en die nerds. Sy karakter Markus is ʼn jock wat verlief raak op ʼn drama-nerd.

“Ek was nie ʼn jock of ʼn nerd nie, ek was iewers in die middel.”

Hy speel volgende jaar in nog ʼn fliek, Kampterrein, en ook ʼn TV-reeks vir kykNET, Seepglad.

Kyk die lokprent van Jou Romeo hier:

Lees nou

Sorg vir jou grys hare

Is Tracey Lange verloof?

The post Ruan Wessels oor boelies: ‘Dit was tough appeared first on SARIE.


Kirsten Raath van 7de Laan: ‘Ek’s bietjie soos Amorey’

$
0
0

Amorey, die jongste dogter van 7de Laan se Welman-gesin, is soms rebels en haar pa se oogappel. Sy bevraagteken alles en is propvol energie. Kirsten Raath, die aktrise wat haar rol vertolk, vertel daar is verbasend baie ooreenkomste tussen haarself en die karakter.

“Ek het nie so baie energie soos sy nie, ek is nie ʼn hop-balletjie nie. Sy is positief en ek dink ek ook. Sy sit haar kop op ʼn blok – as sy ʼn doelwit gestel het, sorg sy dat dit realiseer. Ek is ook so.”

Kirsten het geen formele opleiding nie en vertel dit was blote geluk dat sy die rol in 7de Laan gekry het. Sy wou van kleins af in die kunste wees, maar sy was nie lief vir skool nie.

“Ek het in ʼn baie kunssinnige en musikale gesin groot geword. Ek en my boetie is al twee culture babies.

“Ek het nooit van skool gehou nie. Ek het van graad 1 tot graag 3 elke dag gehuil, daarna net naweke. Ek het hard gewerk. Ook vir my ma hulle gesê hulle moet my home school. As mense vir my sê hulle verlang terug skool toe, verstaan ek dit glad nie.”

Tog het sy besef skool is noodsaaklik. Haar advies aan ander kinders wat ook niks van skool hou nie? “Ek het altyd vir my self gesê dat skool ʼn middel tot ʼn doel is. Skool is vir niemand anders as jouself nie en dit vorm die basis van die res van jou lewe. So set the bar of your school days, to how you want the res of your life to be.”

FOTO Willem Botha

FOTO Willem Botha

Kirsten is op Pietersburg gebore, maar die gesin het later Nelspruit toe getrek en dis ook waar sy op skool was. In haar matriekjaar het sy in Pretoria se Staatsteater opgetree in die Afrikaanse musiekuitvoering Reik na die sterre. Die agent Jennis Williams van Talent etc het haar op die verhoog gesien en haar genooi om by die agentskap aan te sluit. Die rol in 7de Laan is haar eerste groot rol.

Daai eerste dag op die stel van dié sepie, 3 Mei vanjaar, was vir haar baie spesiaal, want dit was ook haar 20ste verjaardag. Sy het darem voor die tyd geweet wie die akteurs was wat die rolle van haar pa en ma speel, want sy het David Rees se naam geken en sy het vir Deirdre Wolhuter gesien in die fliek Vir Altyd.

Sy is lief vir die mense by 7de Laan en sê hulle is regtig soos ʼn familie. Sy wend haar tot kollegas vir leiding en maak veral staat op Carina Nel, wat die rol vertolk van haar suster, Alexa: “Sy is my klankbord en ek gaan na haar vir raad.”

 

The post Kirsten Raath van 7de Laan: ‘Ek’s bietjie soos Amorey’ appeared first on SARIE.

Bekendes wys hul plooie en merke

$
0
0

2017 se Pirelli-kalender het almal aan die praat aangesien dié een afwyk van die kenmerkende samestelling van sexy, smeulende foto’s. Nou is dit eg, eerlik en onaangeraak. Ja, die kalender, getiteld Emotional, wys bekendes met hul plooie, merke en vlekke. 

Volgens Harper’s Bazaar wou die fotograaf Peter Lindbergh juis natuurlike skoonheid wys. In die proses het hy ook kommentaar gelewer op die bedryf se persepsie van skoonheid.

’n Gestroopte Nicole Kidman, Uma Thurman, Robin Wright, Alicia Vikander, Lupita Nyong’o en Julianne Moore is onder die vroue wat skoongesig voor die lens verskyn.

Kyk net die beeldskone foto’s:

Die ander bekendes wat in dié kalender verskyn is Lea Seydoux, Rooney Mara, Kate Winslet, Charlotte Rampling, Zhang Ziyi, Penélope Cruz, Jessica Chastain and Helen Mirren.

Lees nou

Is Tracey Lange verloof?

Help, ek bly moeg!

Kirsten Raath van 7de Laan: ‘Ek’s bietjie soos Amorey’

The post Bekendes wys hul plooie en merke appeared first on SARIE.

Leer kook by supersjef Gordon Ramsay

$
0
0

Het jy al ooit gedroom van kookklasse by ’n supersjef soos Gordon Ramsay? Wel, nou kan jy dit vroeg in 2017 doen vir net sowat R1 350!

Gordon Ramsay het verlede week op sy Facebookblad aangekondig dat hy jou gaan leer om soos ’n sjef kos te maak, en wel met ’n unieke reeks kookklasse aanlyn. Die klasse begin met die basiese vaardighede soos hoe om ’n mes reg te gebruik tot ingewikkelde geregte wat self vaardige sjefs bang maak, soos beesvleis Wellington.

FOTO Gordon Ramsay Facebook

FOTO Facebook / Gordon Ramsay

Vir $90 (sowat R1 350) kry jy 15 klasse wat jy aanlyn kan kyk om te leer. Die klasse sluit ook ’n volledige inkopielys in wat jy aflaai sodat jy kan saamkook soos Gordon jou leer.

“Jy gaan ’n kant van my leer ken wat die wêreld nog nooit gesien het. Dit is nie teater of ’n plek waar ek wil vermaak nie. Dis ’n kookskool waar ek my sjefskennis van die afgelope jare met julle wil deel. Die vaardigheid wat ek geleer het om die sjef van ’n Michelinster-restaurant te wees,” vertel Gordon op sy webwerf.

Kyk hier na ’n voorskou van die klasse

As jy nie tot Januarie kan wag nie en ook graag wil leer kook, kan jy nou al hier registreer vir die klasse of dit selfs as geskenk gee – klik hier 

The post Leer kook by supersjef Gordon Ramsay appeared first on SARIE.

Rooitapyt-glans vir Usain Bolt se film-première

$
0
0

Ons is nie gewoond daaraan om vir Usain Bolt ge-suit en ge-tie te sien nie. Maar nes op die atletiekbaan was hy onlangs ook op die rooi tapyt die wenner.

Usain was die ene rooitapytglans by die bekendstelling van sy nuwe fliek, I am Bolt, op 28 November in Londen. Hier is ’n paar foto’s van dié spoggeleentheid:

Usain en Salma Hayek

Wow!!! Just special to have such a world star @salmahayek supporting @iamboltfilm premiere

A photo posted by Usain St.Leo Bolt (@usainbolt) on

 

Usain en dansers op die rooi tapyt

 

Die man van die oomblik

 

Usain en sy ouers

 

Spice Girl Geri Halliwell en haar man, die Red Bull-drywer Christian Horner

 

Dieselfde mense wat verantwoordelik is vir One Direction: This Is Us het dié dokumentêre film oor die 30-jarige Usain gemaak. Dit vertel die storie van hoe hy die ikoon geword het wat hy vandag is en fokus op die Rio – en Londen Olimpiese Spele, asook die Beijing-wêreldkampioenskapsbyeenkoms waar hy wêreldbekend geword het.

Usain sê self oor dié rolprent: “Die doel is om vir mense te wys wie ek werklik is … waardeur ek al is – die hoogte- en laagtepunte – en om insig te kry in my denke en gevoelens. Mense dink hulle ken my, maar ek is opgewonde om vir almal die regte Usain te wys.”

 

Excited to share the trailer for @IAmBoltFilm with my ppl, coming to cinemas everywhere November 28 #IAMBOLT

 

A video posted by Usain St.Leo Bolt (@usainbolt) on

Bron: Empire

Lees nou

Prins William se styl-evolusie

Bertus Basson se diere kry eie restaurant

The post Rooitapyt-glans vir Usain Bolt se film-première appeared first on SARIE.

Prinses Beatrice se glips laat popster bloei

$
0
0

Af met sy kop! 

Nie heeltemal nie … Maar toe prinses Beatrice as ’n grap haar vriend James Blunt tot ridder wou slaan, het Ed Sheeran, wat ook in die geselskap was, tweede gekom. 

Dié groep vriende was by ’n partytjie by die Royal Lodge in Windsor, Engeland. Sanger James Blunt het met Beatrice gegrap dat hy nou sir James wil wees. Die 28-jarige Beatrice het ’n seremoniële swaard gevat en kamstig vir James tot ridder geslaan … En dís waar die probleem begin het.

Ongelukkig vir die rooikopsanger Ed Sheeran was hy te na aan die “seremonie” en die swaard het sy wang geskaaf. Soos die Engelse media tong in die kies skryf – the sword was not Blunt.

FOTO: James (middel) en Beatrice (regs) by ‘n geleentheid vroeër vanjaar. By hulle sit die model Arizona Muse

Ed het nog niks oor die insident gesê nie, maar het die situasie glo goed hanteer en neem Beatrice nie kwalik nie. Die sanger Andy Patterson het dié foto gedeel, waarop die sny op Ed se wang duidelik gesien kan word.

Prinses Beatrice van York is die oudste dogter van prins Andrew en sy eksvrou, Sarah, hertogin van York. Prins Andrew is die derde kind van koningin Elizabeth II en prins Philip, hertog van Edinburg.

Bronne: The Star, Page Six

Lees nou

Prins Harry tot ridder geslaan

Jy sal nie glo watter bekendes ‘sir’ is nie

Prins Harry veg teen stropers in Krugerwildtuin

The post Prinses Beatrice se glips laat popster bloei appeared first on SARIE.

Jenny Morris nou op radio

$
0
0

Ons ken die sjef met die kenmerkende lag en groot hart as die Giggling Gourmet. En as jy eers een keer vir Jenny Morris ontmoet het, sal jy net daar verlief raak op haar! Nou kan jy weekliks na haar luister op die Kaapse radiostasie Heart FM.

FOTO Facebook / Jenny Morris

FOTO Facebook / Jenny Morris

Jenny sluit by die ontbytspan aan en sal elke Donderdagoggend net ná 8:00 met luisteraars kuier. Sy gaan vrae beantwoord oor kos, resepte deel en ons lus maak om weer saam met vriende en ons gesin aan tafel te kuier.

Jenny is al vir meer as 20 jaar in die bedryf en haar CV spog onder meer daarmee dat sy die eerste Suid-Afrikaner was wat op die internasionale kosnetwerk Food Network gekook het. Haar TV-reekse op dié leefstylkanaal word in meer as 140 lande uitgesaai.

Waarom moet ons inskakel en luister, was my eerste vraag aan Jenny: “Jy moet!” lag sy hardop.

“Ek gaan my liefde en passie vir kos met luisteraars deel. Ek gaan op ’n prettig manier opvoeding oor kos gee. Verwag sommer baie wenke en raad wat jou lewe beter gaan maak!”

Buiten dat Jenny die vermoë het om jou hart te steel, moet jy ook haar kos proe. Wanneer jy in die Kaap is, doen gerus moeite en gaan eet by haar restaurant Yumcious in De Waterkant.

Skakel elke Donderdagoggend om 8:00 in op Heart 104.9 FM of luister dit enige plek in die wêreld aanlyn by www.1049.fm.

The post Jenny Morris nou op radio appeared first on SARIE.

Amanda Seyfried swanger

$
0
0

Die Amerikaanse aktrise Amanda Seyfried en haar verloofde, Thomas Sadoski, ook ’n akteur, verwag hul eersteling. 

Amanda het haar bababoep in ’n swart rokkie gewys by ’n geleentheid van die mode- en skoonheidshuis Givenchy.

Amanda en Thomas het in September verloof geraak. Dit was haar ring wat die aandag getrek het – vir ’n baie goeie rede!

fbf: the vineyard A photo posted by Amanda Seyfried (@mingey) on

Anders as die res van Hollywood se verloofdes is Amanda se ring net ’n goue pand met nie ’n enkele diamant in sig nie.

Sy is op die oomblik nie al Hollywood-aktrise wat met ’n bababoep spog nie.

Natalie Portman

Marion Cotillard

Gal Gadot

Mila Kunis

 

En plaaslik skitter dié sterre met hul bababoepies.

Rolanda Marais

I feel so beautiful when I see myself through my husbands’ eyes. @jozimad I love you so #marriedtothebest

A photo posted by Rolanda (@rolandamarais) on

Rolene Strauss

Lika Berning

FOTO Vanessa Brewer

FOTO Vanessa Brewer

Baie geluk, julle!

Lees nou

Jenny Morris nou op radio

Prinses Beatrice se glips laat popster bloei

Rooitapyt-glans vir Usain Bolt se film-première

The post Amanda Seyfried swanger appeared first on SARIE.


Is dít Britney Spears se nuwe kêrel …

$
0
0

Dit lyk net nie of die 34-jarige Britney die regte man kan kry nie. Is dit dié keer ware liefde?

As ons die gerugte moet glo, trek Britney nou ’n J.Lo. Soos Jennifer Lopez het Britney ook glo liefde in die arms van een van haar dansers gevind.

Die Chris Judd-karakter in Britney se verhaal is die model Sam Asghari (foto hieronder) wat in haar “Slumber Party”-musiekvideo speel.

Be confident, yet humble

A photo posted by Sam Asghari (@samasghari) on

Sam het dié foto van hulle twee op Instagram gedeel, maar vinnig afgehaal. Ongelukkig moet Sam nog leer dat niks op sosiale media vir ewig verlore bly nie.

Kyk hieronder na die musiekvideo waarin hy speel:

Verlede jaar het haar verhouding met die regisseur en vervaardiger Charlie Ebersol op die rotse beland. En voor dít het haar verhouding met David Lucado sleg geëindig nadat hy haar verneuk het.

Voor David het Britney ’n string ander verhoudings gehad. Sy was verloof aan haar agent Jason Trawick en getroud met Kevin Federline, by wie sy haar twee seuns, Preston en Jayden, het. Sy het ook in Las Vegas met haar hoërskoolvriend Jason Alexander getrou, en het glo al met Colin Farrell, Jared Leto en Fred Durst van die groep Limp Bizkit uitgegaan. Britney en Justin Timberlake was aan die begin van hul loopbane ook ’n paartjie.

Lees nou

Nadia Beukes & haar David: Só het die liefde begin

Dié Hollywood-paartjies is al jare saam

Dié bekende paartjies se verhoudings het in 2015 verbrokkel

The post Is dít Britney Spears se nuwe kêrel … appeared first on SARIE.

Springbok Duane Vermeulen word weer pa!

$
0
0

Met ’n nuwe maand kom ’n nuwe hoofstuk. Die Springbok-rugbyspeler Duane Vermeulen en sy stralende vrou, Ezel, het vanoggend hospitaal toe gery, want hul tweede kleinding is byna-byna hier!

Duane het die goeie nuus op sy Instagram gedeel.

So the time has arrived to meet the little man…. #earlymorning #nervousmuch#cantwait #exitingtime #no2

A photo posted by Duane Vermeulen (@customs08) on

Die paartjie is reeds die trotse ouers van ’n seuntjie, Anru. In SARIE se Oktober 2015-uitgawe praat Duane oor die verandering wat ouerskap in sy lewe gebring het.

Hoe het jy gevoel toe jy hoor Ezel verwag ’n seuntjie?

Nee, ek was redelik bly …

Ezel: “Duane het flippen só hoog gespring!”

Ek wou hê die eerste een moet ’n seuntjie wees. As daar dan later ’n sussie is, is daar ’n beskermende figuur wat altyd kan help …

Dis snaaks, ek het al gesien hoe ’n ou mature die dag dat hy kinders kry, veral in rugby. As jy nog nie kinders het nie, is jy … ek sal nie sê arrogant nie, maar jy luister nie. Kinders leer jou meegee; jy praat op ’n ander manier met mense.

Laat jou seuntjie jou nie soms terugdink aan jou eie kindertyd nie? Dit moes swaar gewees het toe jou pa klierkanker gekry het …

Ja-a-a … maar ’n ou’s jonk, jy verstaan nie. Ek kon so half sien dinge was nie meer dieselfde nie … my ma wat soggens die werkers trekkers toe te vat, hy wat in die bed bly lê, sy hare wat uitval. Jy vra vrae, maar jy kry nie altyd antwoorde nie. Alles was net te vinnig, te besig. En daar was niemand anders van die familie daar nie, geen support structure nie.

Ek onthou die dag.

Dit was oggend … ek is skool toe, standerd een. In die middae wanneer my pa die werkers gaan aflaai op die dorp, het ek altyd sommer saam teruggery. Maar dié middag sit ek en sit ek en niemand kom laai my op nie.

Toe kom daar ’n ander ou – eers wou ek nie saamgaan nie, hy moes my ma bel. En toe kom ons by die plaas en die ambulanse staan. Ek het ingehardloop, ek wou my pa gaan soek. Maar die huishulp het my in die gang gestop en gesê nee, ons moet uitkom.

FOTO Charl Smith van Agapé Studio

FOTO Charl Smith van Agapé Studio

Lees nou

Was jy al skaam & verleë by die werk? 3 redes hoekom dit goed is

Ontmoet Donald Trump se skoonseun

Oorleef die hittegolf lag-lag en in styl

The post Springbok Duane Vermeulen word weer pa! appeared first on SARIE.

Is dié celeb-verliefdes ook verloof?

$
0
0

Is Katy Perry en Orlando Bloom verloof? Die “Roar”-sangeres het onlangs ’n groot diamant aan haar ringvinger gehad tydens ’n aand uit in New York, berig  Entertainment Tonight.

Katy lyk baie gelukkig met dié rots aan haar vinger. Nie Katy óf Orlando het al kommentaar gelewer oor die ring nie. Katy en die Pirates of the Carribean-akteur is reeds 10 maande ’n paartjie.

Orlando was voorheen met die Victoria’s Secret-model Miranda Kerr getroud en het ’n seun, Flynn Christopher Bloom, uit dié huwelik.

Maar die volgende bekende akteurpaartjie is beslis verloof: Die Gotham-akteurspaar Ben Mckenzie en Morena Baccarin. Morena het met haar verloofring by die  Independent Film-toekenningsaand verskyn, berig Daily Mail.

Ben en Morena het reeds ’n agt maande oue dogter, Frances Laiz Setta Schenkkan.

Baie geluk, Ben en Morena!

Lees nou

Is dié bekendes nou uiteindelik ’n paartjie?

Is dít Britney Spears se nuwe kêrel …

The post Is dié celeb-verliefdes ook verloof? appeared first on SARIE.

Bradley Cooper word pa!

$
0
0

Nóg ’n baba is op pad in Hollywood! Die Oscar-benoemde Bradley Cooper en die Victoria’s Secret-model Irina Shayk verwag hul eersteling.

Net gister nog het die beeldskone Irina op die loopplank gepronk. En nie by sommerso ’n vertoning nie, maar The Victoria’s Secret Fashion Show in Parys, Frankryk! Die 30-jarige het beeldskoon gelyk.

Volgens E! News  was Irina se babamagie duidelik sigbaar op die glanstapyt voor dié modevertoning. Maar al die uitrustings tydens die vertoning het haar magie gedeeltelik bedek.

Die paartjie is hoogs privaat en probeer uit die media se oog bly. Nóg Bradley nóg Irina het die nuus bevestig. Hulle het in 2015 begin uitgaan kort ná sy haar verhouding met die sokkerster Cristiano Ronaldo beëindig het.

Bradley is nie al bekende wat goeie nuus het nie. Die aktrise Amanda Seyfried is óók swanger! Lees meer hier.

En vanoggend het die Springbok Duane Vermeulen die nuus met sy aanhangers gedeel dat sy tweede baba op pad is. Lees meer hier.

FOTO: Charl Smith van Agapé Studio

FOTO Charl Smith van Agapé Studio

Lees nou

Is dié bekendes nou uiteindelik ’n paartjie?

Ontmoet Donald Trump se skoonseun 

The post Bradley Cooper word pa! appeared first on SARIE.

Eks-paartjie ontmoet op die loopplank

$
0
0

Gepraat van soete wraak: Jy loop jou eks raak en jy weet jy lyk 10/10. Hoe gaan daardie gesegde? Spyt kom altyd te laat. Wel, The Weeknd, oftewel Abel Tesfaye, het dit in oormaat ervaar toe sy voormalige meisie en Victoria’s Secret-engel Bella Hadid verby hom gestap het. 

Terwyl The Weeknd sy treffer “Starboy” opgevoer het op The Victoria’s Secret Fashion Show se loopplank, het Bella in ’n sexy en sjoelala uitrusting verby hom geloop. Sy gesig verklap alles. Hy het haar probeer volg, maar Bella het net met ’n effense glimlag by hom verbygestap.

Die paartjie se paadjies het in November ná 18 maande saam geskei. Die rede? Lang afstand en ’n besige skedule. Hoewel hulle uitmekaar is, is hulle glo nog verlief op mekaar, berig US Weekly. En volgens Daily Mail het Bella selfs gesê dat sy opgewonde is vir hom oor sy optrede by dié modevertoning.

“Daar’s geen ongemaklikheid tussen ons nie. Hy is my beste vriend.”

Bella het voor die vertoning hard gewerk om haar lyf eksieperfeksie te kry. En The Weeknd het dit beslis raakgesien.

Morning!!! Getting excited for Paris!!!!! @victoriassecretLets go!!!!!! #vsfs2016

A photo posted by Bella Hadid (@bellahadid) on

 

Kyk net sy gesigsuitdrukking:

 

another video of baby Bels and The Weeknd — #VSFashionShow 2016

 

A video posted by Victoria’s SecretAngels (@onlyvictoriassecret) on

Bella and The Weeknd

A video posted by Victoria’s Secret Angels (@onlyvictoriassecret) on

Lees nou

Skokke by die Victoria’s Secret-vertoning

FOTO’S: Victoria’s Secret só het dit gelyk

Babas by die dosyne – Springbok, koninklike én akteur

The post Eks-paartjie ontmoet op die loopplank appeared first on SARIE.

Viewing all 1931 articles
Browse latest View live