Quantcast
Channel: Het jy gehoor? – SARIE
Viewing all 1931 articles
Browse latest View live

Braai gesonder op ’n stokkie

$
0
0

Braaivleis hoef nie meters wors, tjops, steak en ribbetjies te wees nie. Ook nie romerige aartappelgebak en braaibroodjies nie. Daar’s ’n ander, veel gesonder manier – en net so lekker. Porsiebeheer is soveel makliker met kebabs en dís die geheim van matig eet …

Aartappelslaai op ’n stokkie

FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Volkoring-stokbrood

FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Gremolata-steurgarnale op ’n witboon-puree

FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Suurlemoen-jogurt-hoender

Foto's deur Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

The post Braai gesonder op ’n stokkie appeared first on SARIE.


Wie is Jo Black?

$
0
0

Daar is ’n nuwe nuwe sangsensasie in die land: Jo Black. Hy kom uit die stal van die man met die goue hande, musiekvervaardiger Johan Vorster.

Jo se eerste musiekvideo van ’n enkelsnit is 23 November op iTunes bekend gestel. Op 25 November is dié liedjie, “Skepe”, as enkelsnit vrygestel. Die musiekvideo het geëindig as nommer een op iTunes in Suid-Afrika.

Volgens Netwerk24 het dié einste liedjie selfs vir die gewilde Karen Zoid op iTunes geklop.

Kyk die musiekvideo hier:

“Ek is oorweldig, ek het nooit kon dink ek sal nommer een wees nie. Ek sing al vir 16 jaar. Ek was nooit van plan on ʼn CD uit te bring nie. Dit was eers toe Johan Vorster en sy span my genader het dat ek geïnspireerd gevoel het om dit aan te pak”, vertel Jo aan SARIE.com. 

Sy tyd het aangebreek. Jo se musiek en albums word deur Johan Vorster vervaardig. Dit sê al klaar baie. As jy dink aan sangers wie se loopbane groot hoogtes bereik het met Johan agter hulle, kan jy nie anders as om te voorspel dat Jo Black sukses kan verwag nie. Dink aan Bok van Blerk, Dewald Wasserfall en Karlien van Jaarsveld, om net ’n paar te noem.

Jo het in sy begindae in kroeë gesing. Daarna was dit gospel en lofsang by kerke. Sy motiveringspraatjies by skole het die afgelope ruk aandag begin trek en gou was daar mediabelangstelling. Wie is die man met die groot baard en baie tatoeëermerke wat skoolkinders moed inpraat en adviseer? Sy boodskappe gaan oor onderwerpe soos selfdood, en hy sê vir jongmense: “Wees goed vir jouself en vir ander.”

FOTO Verskaf deur Jenni Griesel

FOTO Clinton Lubbe

Jo Black 5

FOTO Clinton Lubbe

Sy eie storie is aangrypend en inspirerend. Dis ’n verhaal van verslawing en sy pad was nie altyd maklik nie. Sy lewensverhaal laat jou luister met respek, afgryse en verwondering. En dan die applous, die cheer. Daai gevoel wat jy kry as één mens iets goeds doen, soos om ’n medalje te wen of ʼn drie te druk. Is dit hoekom daar so baie hart en siel in sy musiek is? Sy stem is manlik, maar gelaai met emosie. Die lirieke is diep sonder om te dweep. Poëties, liries miskien selfs intelligent, noem dit wat jy wil. En of jy daarvan hou of nie, sy musiek het artistieke meriete. Dis iets wat die laaste paar jaar skaars geword het onder baie Afrikaanse sangers.

Die jaar waarvoor Jo al so lank werk, het aangebreek. Nou proe hy uiteindelik sukses as sanger. “Almal ken my as die ou wat by skole praat en ek is dankbaar om nou ’n positiewe boodskap deur musiek oor te dra. Vergeet van my baard en my vellies en my tatoes. Dit gaan oor stigmas, ek hou daarvan om vooroordele te vernietig. Mense onthou my as gevolg van hoe ek lyk, maar as ek my mond oopmaak en hulle hoor my hart, dan voel ek dat ek die doel bereik het.

Jo se vollengte-CD word vroeg volgende jaar bekend gestel. Hy is getroud met Debbie en hulle het twee kinders, Dinieke (7) en Miané (4). Die gesin woon in Pretoria.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Lees nou

Verklap Rolene die geslag van haar baba?

3 trifles wat jou lewe gaan verander!

Celebs: SA se trotse pa’s deel babafoto’s

The post Wie is Jo Black? appeared first on SARIE.

Wenke vir ’n lekker braai

$
0
0

Somer, naweek, braai … wat is lekkerder? Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, deel sy wenke vir ’n suksesvolle braai.

FOTO: Micky Hoyle | SARIE KOS Desember 2015 / Januarie 2016

FOTO Micky Hoyle vir SARIE KOS Desember 2015 / Januarie 2016

 

#1 Hou jou ontbyt klein as jy weet jy gaan groot kook! Iets soos Bircher-muesli met vars vrugte en heuning is perfek, want jy kan dit reeds die aand voor die tyd maak. (Klik hier vir ’n maklike muesli-resep).

#2 Wie kan nee sê vir vars warm brood? As jy nie jou eie kan of wil bak nie, vat kortpad met winkeldeeg. Laat dit soos tuisgebakte brood lyk deur dit genoeg te laat rys voor jy die brood bak. Bak dit in ’n gietysterpot vir daai donker korsie soos artisan-brood.

20150213-_16A1356

’n Braaivleis-tafel kan soms ’n bietjie grênd ook wees! Hier het SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, tafel gedek met blou, koper, kristal en lapservette. FOTO Donna Lewis

 

#3 Niemand hou van skottelgoed was nie. Kyk by jou naaste partytjiewinkel vir mooi stewige papierborde en papier-eetgerei, dit lyk baie mooi en jy kan dit weggooi (jy kan selfs jou hele tafel ’n papiertema gee).

#4 Sluit jou ete af met goeie brandewyn wat jy voorsit saam met bitter donkersjokolade en springmielies. Dis baie eenvoudig maar sal sorg vir nog ure se kuier terwyl die son sak.

#5 Hier is nóg 5 bykos-resepte – spesiaal vir banters!

Kry die volledige spyskaart én wenke vir die tafel HIER.

The post Wenke vir ’n lekker braai appeared first on SARIE.

Ashton en Mila se baba hier

$
0
0

Stil-stil het die Hollywood-paartjie Mila Kunis en Ashton Kutcher hul tweede kleinding verwelkom. Dié keer is dit ’n seuntjie!

Klein Kunis-Kutcher het al Woensdag sy ouers ontmoet. Die paartjie het reeds ’n 2-jarige dogtertjie, Wyatt Isabelle. Hulle het Julie in die geheim getrou.

Mila se woordvoerder het die nuus aan E! News bevestig.

Die paartjie moet nog hul seuntjie se naam bekend maak.

Babas, babas, babas – gister is die wêreld bederf met ’n Springbok-baba, koninklike babanuus en ’n pienkvoet uit Hollywood. Lees meer hier.

Lees nou

Hekel ‘n mosaïek-kombers

Eks-paartjie ontmoet op die loopplank

5 koekies vir jou koekieblik

The post Ashton en Mila se baba hier appeared first on SARIE.

FOTO: Springbok Duane se baba

$
0
0

Die Springbok Duane Vermeulen en sy stralende vrou, Ezél, se tweede kleinding het gister sy opwagting gemaak! Nou is die Vermeulen-span nóg ’n seun ryker. Ja, ouboet Anru het ’n boetie gekry. En sy naam is Zian.

Duane se suster, Leandi Vermeulen, het die foto’s van kleine Zian op sosiale media gedeel. Ons kan net dink dat Zian reeds sy pa, Duane, en ma, Ezél, se harte gesteel het.

Duane het gister ’n foto op sosiale media gedeel waar hy en sy vrou by die hospitaal opdaag.

A photo posted by Duane Vermeulen (@customs08) on

Ons is seker Anru kan ook nie wag om met klein Zian te speel nie, dalk selfs saam met hom bal te skop.

A photo posted by Duane Vermeulen (@customs08) on

In SARIE se Oktober 2015-uitgawe praat Duane oor die verandering wat ouerskap in sy lewe gebring het. Lees dit HIER!

Baie geluk, Duane, Ezél en Anru!

Lees nou

Ashton en Mila se baba hier

Babas by die dosyne – Springbok, koninklike én akteur

Bradley Cooper word pa!

The post FOTO: Springbok Duane se baba appeared first on SARIE.

Therese Benade is verloof

$
0
0

Die Kwêla-aanbieder en aktrise Therese Benade is verloof! En wie is die gelukkige man wat haar hart gesteel het? ’n Argitek, Christian Bam.

“Ek het nie geweet daar bestaan sulke mans nie. Jy hoor net daarvan en glo nie dis moontlik nie, maar hy behandel my soos ’n prinses,” het sy in ’n onderhoud aan Netwerk24 gesê.

Die paartjie het Donderdagaand by die Cape Grace-hotel in die V&A Waterfront in Kaapstad verloof geraak. Hulle ken mekaar al sowat ’n jaar en is sedert Februarie in ’n verhouding.

“Christian het my heeltemal onkant gevang met die vraag, maar ek het natuurlik dadelik die ja-woord gegee,” sê ’n verheugde Therese in ’n persverklaring wat deur kykNET en Homebrew Films uitgereik is.

ThereseChristian-verloof

“Ek weet elke vrou sê dit altyd wanneer haar droomman haar vra om te trou, maar ek is regtig die gelukkigste vrou in die wêreld vandag.”

FOTO Nina Kirsten

Therese en Christian by SARIE se 6de Voorbladgesigkompetisie.  FOTO Nina Kirsten

Die paartjie gaan volgende jaar in ’n huis in Llandudno, Kaapstad, intrek.

In 2003 was die beeldskone Therese met haar olyfgroen oë ons voorbladster vir die Augustus-uitgawe. Ons kyk terug na haar mooi voorblad.

Therese Benade SARIE Augustus 2003

 

Baie geluk, Therese en Christian!

Lees nou

Ashton en Mila se baba hier

Wie is Jo Black?

The post Therese Benade is verloof appeared first on SARIE.

Joshua na die Reën se ‘Maak genoeg hoender’-gereg

$
0
0

Joshua na die Reën sê hy het net mooi herinneringe uit sy kinderdae op die plaas. “Reën op die sinkdak ná ’n warm Novemberdag, groen velde en koppies, paddas en krieke wat die nagte om sing en dan natuurlik my ma se ‘Maak genoeg hoender’.”

Hy en sy gesin eet gesond en skoon.

“My vrou gebruik nie sommer souse en bestanddele wat suiker bevat wanneer sy kook nie. Daar is ’n plaaslike organiese groenteplaas naby ons huis, Nature’s Heritage, waar ons organiese groente en vrugte, eiers van skrophoenders en rou melk koop. Anán, ons 2-jarige dogtertjie, is ook lief vir groente en eet sommer rou broccoli uit die tuin. Sy kan al tiemie, roosmaryn en koljander uitken en pluk gereeld vir haarself ’n blaartjie wanneer sy saam met Danél, my vrou, in die tuin werk.’’

So mooi soos net jy kan wees @aardskind

A photo posted by Joshua na die Reën (@joshuanadiereen) on

Hoewel hulle gesond eet, moet dit lekker smaak. Af en toe bederf hulle hulself met dié resep uit sy kinderdae. “Dit is maklik en smaaklik.”

Maak Genoeg Hoender vir Jacques: Bestanddele

- 10 boudjies en dye van skrophoenders (free-range chicken)

- 250 ml blatjang (verkieslik tuisgemaakte perskeblatjang, maar Mrs. Ball’s sal ook reg wees)

- 250 ml mayonnaise

- 250 ml water

- 1 pakkie uiesop

- sout en peper na smaak  

Opsioneel: 1 t kerriepoeier (Die Boeremark in Silverton, Pretoria, het n stalletjie wat die lekkerste kerrie meng)

Metode

- Verhit oond tot 180°C.

- Plaas hoender in ’n oondbestande pan of bak.

- Meng blatjang, mayonnaise, water, soppoeier, en kerrie in ’n bak of beker. Geur met sout en peper.

- Gooi die sous oor die hoender, maak dit toe en bak vir ’n uur. Haal die deksel ná 45 minute af sodat die hoender mooi verbruin. Skep dit oor basmati-rys met ’n lekker vars slaai daarby.

Kyk gerus uit vir sy nuwe album Die wêreld binne mylandwyd beskikbaar.  

“Ek is gebou, jy is gebou en die wêreld binne my is in afwagting oor jou. Kom hardloop deur my woude, kom swem hier in my see. Wees somer oor my berge, want dis hier waar jy regeer – ek in jou en jy in my …” is lirieke uit die titelsnit, “Die wêreld binne my”.

Hy vertel: “Anders as die eerste CD, wat meestal gegaan het oor hoop en droom, is Die wêreld binne my se liedjies meer persoonlik en handel dit oor die wêreld binne elkeen wat daarna luister.”

“Oor die heuwels en berge, die stof en sterre, die droef en tye wat dit voel of alles stroomop is, die tye waar ’n mens droom en dan ook die mooi in dit alles … die goeie sowel as slegte tye.”

Die genre is egter steeds stadium rock, vertel hy, soos met die vorige album.

“Die tema vir die nuwe album draai al in my kop sedert ons die eerste een voltooi het; dat daar in ons elkeen ’n wêreld is wat niemand ooit sal verstaan nie. Ons doel is byna om mekaar stadig maar seker toe te laat in ons wêreld, sodat ons op ’n plek kan kom waar ons ’n waardevolle pad met mekaar kan stap. Ek is geïnspireer deur beelde uit die natuur, mense se stories en die dag toe ek besef het dat die moeilike dinge in jou lewe soms die grootste geskenk is – as jy besluit om dit te koester en iets daaruit te leer – andersins word dit jou grootste vyand en sal dit jou om elke hoek en draai inwag.”

Dankie dat julle die nuwe JNDR album koop op iTunes. https://itunes.apple.com/za/album/die-wereld-binne-my/id1138107921

A photo posted by Joshua na die Reën (@joshuanadiereen) on

Hy vertel verder: “My grootste uitdaging is om die  emosie weer te gee wat ek voel wanneer ek die dinge ervaar waaroor ek sing. Daarom het ons probeer om met hierdie album dinge ’n bietjie anders te doen. ’n Groot verskeidenheid klanke en instrumente is gebruik om die gevoel en beeld te skep wat ons graag wou vasvang. Die uitdaging was dus om niks verlore te laat gaan tydens die meng- en bemeesteringsprosesse nie. Dit het veroorsaak dat die album byna sewe maande langer in die vervaardigingsproses moes deurbring, sodat ons kon seker maak die luisteraars hoor alles wat hulle moet … en ek is so tevrede met wat musiekvervaardiger Ben Ludik en my broer, Pierre de Villers, gedoen het. Dis min dat jy mense ontmoet wat alles sal insit vir jou. Ek is baie dankbaar. Verder het ons ook nie die stemopnames in die ateljee gedoen nie. Ek het self opnames gedoen, met my mikrofoon en skootrekenaar, soos wat die inspirasie my beetgepak het en dit was baie spesiaal.’’ 

Joshua het dit ook geniet om saam met die Tuks Camerata-koor te werk. “Ek wou dit nog altyd doen. Hulle het n unieke musikale dimensie geskep, iets wat byna klink asof dit deur die eeue weergalm. Daar is soveel drome in my hart om die land vol te toer saam met hulle, sodat mense kan beleef wat die effek van so ’n briljante koor is saam met ’n band.”

Die wêreld binne my kan reeds op www.jndr.co.za bestel word en daar is ook ’n lys winkels op die webwerf waar belangstellendes kan sien watter winkels die CD aanhou. Hou sosiale media dop vir meer inligting.

Kyk hoe sing hy een van sy nuutste treffers:

Lees nou

Ontmoet die regte Naked Chef!

SARIE se 2016-sterre: Beáte Opperman se jaar van groei

The post Joshua na die Reën se ‘Maak genoeg hoender’-gereg appeared first on SARIE.

Tweeling vir Supernatural se Jensen

$
0
0

Die Hollywood-akteur Jensen Ackles, beter bekend vir sy rol in die Amerikaanse reeks Supernatural, het die naweek ’n tweeling ryker geword.

Hy en sy aktrise-vrou, Daneel Harris, het reeds ’n eersteling, JJ. Die trotse pa het die nuus op sosiale media gedeel.

En die bloedjies se name? Niks minder as eg Hollywood nie. Een is Zeppelin Bram en die ander Arrow Rhodes.  Die tweetjies is glo vernoem na die bands Led Zeppelin en Aerosmith.

Lees nou

Kuns op jou lippe? Kyk hoe mooi!

Ontmoet die regte Naked Chef!

Therese Benade is verloof

The post Tweeling vir Supernatural se Jensen appeared first on SARIE.


FOTO: Rolanda Marais se baba is hier

$
0
0

Die Afrikaanse aktrise Rolanda Marais kan in drie woorde opgesom word: talentvol, beeldskoon en stylvol. Sy kan in enige karakter se skoene klim en ’n uitstekende vertoning lewer. Die pryse en toekennings beaam dit. Maar nou gaan sy haar grootste rol nóg speel: Ma. 

Ja, die tyd het gevlieg en uiteindelik het kleine Charlotte James Malherbe haar opwagting gemaak. Sy is haar ma, Rolanda, en regisseur-pa, Jozua, se eersteling. Kan jy net dink watter lekker stories Charlotte by haar ouers gaan hoor?

Rolanda het vandag natuurlik gekraam in Johannesburg. Die grimeerkunstenaar Claudia Hamman, Sonja Herholdt se dogter, was haar doula.

Wat is ’n doula?

’n Doula ondersteun vroue tydens die geboorteproses en help die nuwe ma ook ná die bevalling, maar is nie ’n vroedvrou nie.

Eers was daar twee …

Rolanda en Jozua is vanjaar in Februarie voor vriende en familie by Old Mac Daddy in die Elgin-vallei getroud. Die paartjie het ná die troue eksklusief met SARIE gesels.

FOTO: Shanna Jones

FOTO Shanna Jones

Hier volg ’n uittreksel uit die April 2016-uitgawe:

“Die oomblik was byna te groot … My trane het vlak gelê. Nick Cave se ‘Into My Arms’ het gespeel, en elke keer dat ek die liedjie voor die troue geluister het, het ek begin huil. Toe besluit ek nee, ek gaan nie al my grimering afhuil nie. Toe ek skree, was die ys gebreek en ons almal het ontspan,” lag sy en Jozua met die herleef van dié onthou-oomblik.

FOTO Shanna Jones

FOTO Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

FOTO Shanna Jones

Dié staaltjie spreek boekdele van haar en Joz, soos sy hom noem, se verhouding – en van die atmosfeer by hul troue in die Overberg.

“Ons is albei ontspanne mense. Ons gun mekaar die ruimte om onsself te wees en ons is lief vir ons vriende, familie en vir kuier. Die laaste ding wat ons wou hê, was ’n stywe, formele troue. Ons albei werk in ’n wêreld van pretensie en ons troue moes oor óns gaan, nie oor die show nie,” sê Rolanda.

Hulle vul mekaar goed aan, sê Rolanda. “Joz is ’n ekstrovert en ek ’n introvert, maar hy het geleer om die stilte te waardeer vandat ons saam is. En hy hou my voete plat op die aarde – ek kan soms soos ’n deurmekaar kunstenaar voorkom.”

Maar die beste deel van getroud wees, sê sy, is dat hulle nou die res van hul lewens kan deel. Sy kyk diep in Jozua se oë. “Ek wil oud word saam met jou en oor alles gesels, jou elke dag leer ken.”

FOTO: Shanna Jones

FOTO Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

FOTO Shanna Jones

En natuurlik sal klein Charlotte voor hul oë groot word …

Soos die meeste dinge in Rolanda se lewe, was haar babatee baie stylvol. SARIE was ook daar, lees die volledige storie hier.

Dit was ’n Sondagmiddag, om drie-uur, toe Rolanda haar babatee vir klein Charlotte gevier het by Nice to Meet You. Dié venue behoort aan die regisseur en akteur Quentin Krog (Ballade vir ’n enkeling) se skoonfamilie, die Schoons.

Die styl was eie aan Rolanda, ouwêrelds en romanties.

FOTO Magriki van Graan

FOTO Magriki van Graan

Rolanda se ma, Charlotte, was saam met drie van haar susters by die tee. So ook Rolanda se ouma, Ouma Rolanda, wat ’n lappieskombers gebrei en as geskenk gegee het.

“Om jou medemens te respekteer en nederig te bly gaan jou baie ver in die lewe bring. Ons is almal geregtig op ’n plekkie in die son.”

Dís die les wat Rolanda se ma haar geleer het, en wat sy vir klein Charlotte ook sal leer.

FOTO Magriki van Graan

FOTO Magriki van Graan

Oor die jare het Rolanda ’n geliefde voorbladster vir SARIE geword. Kyk net al haar glansoomblikke:

SARIE April-uitgawe 2016

APR april 2016 Rolanda Marais voorblad cover

 

SARIE Januarie-uitgawe 2014

Rolanda Marais Januarie 2014

 

SARIE Mei-uitgawe 2012

SARIEMAY2012cover

 

SARIE Julie-uitgawe 2009

010709SRHOFC_OBC-570x746 2

 

SARIE September-uitgawe 2006

Screen Shot 2016-12-02 at 11.44.07 AM

Baie geluk, Rolanda en Jozua!

Lees nou

Ons kuier saam by Rolanda Marais se babatee

FOTO’S: Aktrise Rolanda Marais se sprokiestroue

FOTO’S: Aktrise Rolanda Marais se wittebrood

The post FOTO: Rolanda Marais se baba is hier appeared first on SARIE.

Inspirasiekos met SARIE: Appelbier

$
0
0

Dis deesdae hoogmode om jou eie bier te brou en om elke hoek en draai kry jy ’n boetiek-bierbrouer. Deel van dié tendens is ook appelbier (cider): die vars drankie wat met elke slukkie sê “somer”!

Ek het in SA se appelwêreld gaan kyk hoe hierdie unieke drankie gebrou word en in die Elgin-vallei gaan inloer by Walter Mullins op die Windermere-plaas.

FOTO: http://www.windermerecider.co.za/

FOTO: http://www.windermerecider.co.za/

As jy gedink het appelbier is net van appels gemaak, moet jy weer dink. Die bier wat Walter en sy span hier brou, word ook gegeur met vlierblom (elderflower) en rooibos. Hulle maak selfs ’n suster-weergawe met pere.

1. Walter, wat is die geheim van goeie appelbier?
Soos met goeie wyn wat in die wingerd begin, begin alles hier in die appelboord. Jy moet goeie appels hê om ’n goeie basis te kan maak.

2. Wat is die basis van appelbier?
Herman, dis eintlik nie bier nie. Dis wyn. Cider word gemaak van ’n appelwyn wat dan gefermenteer word en later geur ons dit. Bier word gemaak van graanprodukte terwyl wyn van vrugte is.

3. Hoe geur julle die bier?
Ons gebruik natuurlike produkte. Die rooibos-bier geur ons met rooibos-hout en ons besit die patentreg op die tegniek.

Op ons Inspirasie-spyskaart die week:

Southern fried hoender met appelbier-mosterd
• Radys-en-perskool-slaai
• Appel-beignets met rum-karamel

IKMS_CIDER_KFC_0077

Southern fried hoender met appelbier-mosterd

• 12 ontbeende hoenderdye
• 45 ml gerookte paprika
• 250 ml karringmelk
• 4 knoffelhuisies, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 200 g dröe broodkrummels
• 70 g (125 ml) koekmeel
• 2 eiers geklits
• sonneblomolie vir diepbraai

Plaas hoender in groot bak. Meng paprika, karringmelk en knoffel. Gooi oor hoenderstukke en maak seker dat dit oraloor bedek is. Geur goed met sout en peper. Plaas in yskas vir 1 uur. Haal hoender uit mengsel en krap die meeste van die karringmelk af. Plaas broodkrummels en koekmeel in groot plastieksak. Doop hoenderstukke in geklitste eier en gooi in sak met krummels. Skud sak rond tot al die stukke goed bedek is met die mengsel. Verhit olie vir diepbraai tot mediumwarm in groot pot. Voeg hoender by diepbraai vir 10-12 minute of tot hoender goudbruin en bros is. Dreineer en sit voor met die mosterd.

• 125 ml geel mosterdsaadjies
• 375 ml asyn
• 500 ml appelbier (cider)
• 75 ml heuning
• 125 ml donker bruinsuiker
• 10 ml sout
• 2 ml borrie
• 250 ml droë mosterdpoeier

Meng mosterdsaadjies, asyn en helfte van bier in middelslag-mengbak. Maak toe met kleefplastiek en laat staan oornag in yskas. Gebruik ’n skoon pot en meng oorblywende bier met heuning, suiker, sout en borrie. Bring tot kookpunt. Haal van hitte af en gooi in ’n menger. Verpulp by hoë spoed. Laat afkoel. Voeg droë mosterdpoeier en mosterd-en-biermengsel by. Verpulp by hoë spoed tot glad. Skep in skoon flesse wat gesteriliseer is en verseël goed om te bêre.

 

IKMS_CIDER_KFC_0061

Radys-en-perskool- slaai

genoeg vir 4

• 500 g (½ kop) pers kool
• 3 klein andyviekoppe (endive)
• 6 radyse
• 100 ml karringmelk
• 250 ml tuisgemaakte mayonnaise
• 100 ml appelbier (cider)
• 1 knoffelhuisie, baie fyngekap
• 5 ml vars gemmer
• 60 ml olyfolie
• 1 rooi brandrissie, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• hand vol Italiaanse pietersielie, fyngekap

Gebruik voedselverwerker en rasper kool en andyvie in fyn repies – of sny dit met die hand as jy nie so ’n toestel het nie. Sny radyse in dun repies en plaas in groot slaaibak saam met gesnipperde kool en anyfie. Meng karringmelk, mayonnaise, appelbier, knoffel, gemmer, olyfolie en brandrissie. Geur goed met sout en peper. Gooi by koolmengsel. Voeg pietersielie by en meng alles met slaailepels. Proe en pas geurmiddels aan. Sit voor.

 

IKMS_CIDER_KFC_0074

Appel-beignets met rum-karamel

genoeg vir 4

• 250 ml suiker
• 100 ml water
• 40 ml donker rum
• 45 ml botter
• 100 ml room
• 240 g (430 ml) bruismeel
• 1 eier
• 180 ml appelbier (cider)
• 2 appels, ontklok
• 1 liter olie vir diepbraai
• versiersuiker vir oorsif

Plaas suiker en water in middelslagpot. Verhit stadig en roer tot suiker gesmelt is en bring tot kookpunt oor hoë hitte. Kook tot goue karamel vorm. Voeg rum by en bring weer tot kookpunt. Steek rum aan die brand met ’n oop vlam soos ’n aansteker (lighter) – wees versigtig. Wag tot vlamme wegbrand en voeg dan botter en room by. Skud pot heen en weer tot alles mooi meng. ­­­Laat afkoel terwyl jy die beignets maak: Meng bruismeel en eier in groot mengbak. Gooi genoeg appelbier by tot gladde beslag vorm – byna soos plaatkoekiedeeg. Verhit olie vir diepbraai tot warm. Sny appels in 1 cm-dik skywe en doop in beslag. Dompel in warm olie en braai vir 3-5 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer en pak op opdienbord. Sif versiersuiker oor en gooi karamel oor. Sit voor.

Nóg Inspirasiekos met SARIE-resepte

Waterblommetjie | Sout | Mossels en Oesters | Meel | Sampioene | Mozzarella | Soutwaterforel | Whisky | Vanielje

Spekko Promosie Tag

Hierdie episode van Inspirasiekos met SARIE (VIA, DStv-kanaal 147) is geborg deur Spekko. Met Spekko-rys kry jy altyd meer – ook inspirasie vir heerlike nuwe geregte.

SPEKKO VIA SPONSORSHIP DIGITAL IMAGE V2-B

Besoek www.spekkorice.co.za vir meer resepte en volg Spekko op Facebook of@SpekkoRice op Twitter en @SpekkoSA op Instagram.

The post Inspirasiekos met SARIE: Appelbier appeared first on SARIE.

Jimmy Kimmel word weer pa

$
0
0

Jimmy Kimmel, die komediant en aanbieder van die kletsprogram Jimmy Kimmel Live, is aangewys as die seremoniemeester van die 89ste Academy Awards. Hy het die goeie nuus onlangs op ’n episode van Jimmy Kimmel Live aangekondig.

Hoewel dit sy eerste keer as aanbieder by die Oscar-aand sal wees, is hy reeds ’n gesoute aanbieder. Hy het vanjaar by die 68ste Emmy-toekennings en in 2012 by die 64ste Emmy-toekennings gasheer gespeel, berig TIME.

Ná die bekendmaking het Jimmy gegrap oor vanjaar se laat aankondiging en genoem dat hy moontlik nie die Oscar-regisseurs se eerste keuse was nie, berig Variety.

“Die regisseurs het deur ’n lang lys name gewerk en toe op die ou end besluit op my, die een wie se ateljee reeds oorkant die pad van die Oscars se Dolby-teater is. Ek sal seker nou ’n aandpak moet koop,” het hy gespot.

Die hoogtepunt van Hollywood se toekenningseisoen het ’n lang geskiedenis. In 1953 is die Academy Awards-seremonie die eerste keer regstreeks uitgesaai. Daardie jaar het Gary Cooper die Oscar vir beste akteur gekry vir sy spel in High Noon en Shirley Booth is bekroon as beste aktrise vir haar rol in Come Back, Little Sheba. Die komediant Bob Hope was die seremoniemeester.

Maar dit is nie al nuus wat Jimmy op sy kletsprogram aangekondig het nie. Hy gaan ook vir die vierde keer pa word! Sy vrou, Molly McNearney, verwag die paartjie se tweede baba. Hulle het reeds ’n 2-jarige dogter, Jane.

Jimmy het nog twee kinders, Katie en Kevin, uit ’n vorige huwelik.

Lees nou:

Celebs – die mooiste haar-transformasies van 2016

Disney verjaar, ons kies prinsesse!

Sexy, sexier, sexyste by die Victoria’s Secret after-party

The post Jimmy Kimmel word weer pa appeared first on SARIE.

Margaret Gardiner groet haar ma

$
0
0

Die voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Heelal, Margaret Gardiner, moes gister haar ma, Dawn, groet. Sy was 86 jaar oud.

Sy’t die hartseer nuus op sosiale media gedeel.

“Aan die ma wat ek liefgehad het. Geen woorde kan hierdie verlies vasvang nie. Jou gees leef in almal wie se lewens jy aangeraak het. Ek sal jou eer deur die skoonheid te sien, goedhartig te wees, met blydskap te leef, dankbaar te wees en om voluit te lag. Ek is lief vir jou, Ma,” het sy op Facebook geskryf.

Margaret is deesdae ’n joernalis in Hollywood en skryf vir die vrouetydskrif Rooi Rose. Dawn was glo die afgelope ruk baie siek.

Oud-redakteur van SARIE Izak de Villiers het geskryf oor sy ontmoetings met Margaret.

Hier volg ’n uittreksel:

“Ek het haar die eerste keer in 1978 in New York gewaar. Sy het voor die beroemde Rockefeller Center vir fotograwe geposeer. Nuuskierig wou ek weet wie sy is, hierdie pragtige jong donkerkop met haar groot, vriendelike oë, wye, sensuele mond, koninklike nek, breë skouers, lieflike bene en van voor en van agter die ene vroulikheid. Sy was die pas gekose Mej. Heelal – in ’n tyd toe Suid-Afrika die Mej. Wêreld-kompetisie verbied is. Sogenaamde sanksies . . .

’n Omstander het verduidelik dat sy van Suid-Afrika kom. Ek wou haar gaan groet, maar die shoot was in volle swang en van die kameramense het my gevra om haar asseblief nie te hinder nie. Min het ek geweet dat ek die einste meisie voorkant toe self nog vir talle shoots sou gebruik.

Ons het Margaret ’n paar maal as model gebruik en daardie uitgawes het van die hoogste syfers (240 000 – 270 000 plus) ooit behaal, met die uitsondering van prinses Diana. Ek het van Margaret as “ons eie prinses Di” begin praat. Sy het soms vinnig kom inloer, maar het gependel tussen hier en die VSA waar sy studeer het en waar haar verloofde, dr. André Nel, briljant gevaar het as medikus. Op ’n dag het ek haar gebel en gese ek wil graag ’n artikel oor ons doen, en wanneer sy in Suid-Afrika is, moet sy my tog laat weet. Op ’n oggend het Margaret gebel.

“Izak, ek is hier en sal jou graag wil sien. Ek is by my ouers in Woodstock en ek het vandag vry . . .”

“Nou maar kan ons kuier?” het ek gevra.

“Jip,” het sy gesê, “dis waaroor ek bel.”

Daardie oggend was ’n besondere kuier. Sy het haar verwonder aan my kantoor: ek het pas mooi magenta stoele laat insit en nuwe teetafels. Ons het ’n hele paar koppies tee gedrink. Ek wou by haar weet hoe sy haar stralerjakker-glanslewe met haar redelik beskeie tuisdorp, Woodstock in die Kaap, versoen. Sy het kalm gesê sy is bly sy kom nie uit ’n ryk buurt nie. “Ek weet dis ’n cliché om te sê ’n mens is ryk in ander dinge. Maar ek is! Ek het in ’n wonderlike gesin grootgeword, met baie liefde en respek. My familie is my rykdom. My ma is ’n ongelooflike sterk vrou. Vol begrip en moed. En ek en my pa is só dieselfde. Ons het dieselfde liggaamsbou. Ons sit langs mekaar en steek ons bene uit en vergelyk hoe eenders ons bene is! Hy is my pá.”

margaret_home

En hoe het hulle daaroor gevoel dat jy jou so jonk in die skoonheidswêreld begeef het? “My pa was aanvanklik daarteen, maar my ma het nagedink en gesê dis ’n groot kans. Sy het reguit met my gepraat en gesê: Margaret, hierdie en daardie slaggat moet jy vermy. En dáárvoor moet jy versigtig wees. Ek laat jou gaan omdat ek jou vertrou.

My pa het ingestem. ’n Mens vra jou af: as dit my pragtige dogter was, sou ek toegestem het? Jou kind alleen in ’n wêreld van make-believe en sluwe slange?

Lees die volledige storie hier.

Lees nou

Angs – só hanteer jy dit

‘Ma, jy stres my!’ Angstige ouers maak angstige kinders groot

The post Margaret Gardiner groet haar ma appeared first on SARIE.

Hildegardt Whites en Vredendal se plaaslike blikslaner

$
0
0

Hilde se hartsklanke volg vir Hildegardt Whites terwyl sy haar eerste album opneem. Sy besoek 13 dorpies langs die Weskus en in die Noord-Kaap waar haar wortels lê en vind plaaslike musikante om haar te help om haar hartsklanke in 30 dae op te neem.

Hierdie week is Hilde op Vredendal, ’n dorp wat sy uit haar kinderdae goed onthou. “Vredendal was altyd die plek waar ons gekom het om ons inkopies te doen, want dis die plek wat alles gehad het. Ek dink ek het nog my eerste Kentucky hier gehad!”

Hilde-E3-Vredendal

FOTO Verskaf

MUSIEKVIDEO: Hildegardt Whites ontmoet die nagtegaal van die Weskus

Hilde besoek die Hoërskool Vredendal waar die leerders besig is om vir ’n talentkompetisie te oefen. Sy praat dié talentvolle hoërskoolkinders moed in om aan te hou sing en musiek maak en nie te vergeet waar hul eie wortels lê. “Mens moet weet waar jy vandaan kom. Dan moet jy ’n doelwit stel en daarnatoe werk. Julle kan rêrig enigiets doen, enigiets wat julle wil,” het sy aan dié uitblinkers gesê.

7de Laan se Hildegardt deel groot nuus

Die liedjie wat Hilde op Vredendal opneem, is “Koepetika” deur Pieter van der Westhuizen en dit het ’n spesiale plek in haar hart.

“Dit beskryf die Namakwaland se mense, die blommetjiesmense. Die liedjie is amper soos ’n gedig.”

Sy benodig ’n spesifieke klank vir dié liedjie en vra vir Tannie Mary Kriel, die bekendste blikslaner op die dorp, om haar te help. Alfred Basson kom verras haar al die pad van Clanwilliam af met daardie spesifieke kitaarklank, in die Weskus bekend as fynknyp. Nico Klein en Elverno Kok maak die groep vol, en dié vyf baljaar lekker in die stof buite die Namaqua-wynkelder.

Hilde-E3-Musiekvideo

FOTO Verskaf

Om die volle musiekvideo te sien en vir Mary en Alfred beter te leer ken, gaan na Afrikaans.com.

Nuwe episodes van Hilde se hartsklanke wys elke Woensdag om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) en herhaal dan weer Saterdagaande om 21:00 en Sondagoggende om 09:00.

The post Hildegardt Whites en Vredendal se plaaslike blikslaner appeared first on SARIE.

Bekendes wys hul bloedjies

$
0
0

Die jaar lê op sy rug. Talle bekendes het vanjaar nuwe babas verwelkom. Of dit nou die eerste of die vierde een is, dié bekendes was verheug. Van Afrikaanse sangers tot Hollywood-sterre, hier’s die bloedjies wat die wêreld oor harte gesteel het.

Gister het die beeldskone Rolanda Marais en die talentvolle Jozua Malherbe hul eersteling, Charlotte James, verwelkom. Lees die volledige storie hier.

FOTO Facebook / Rolanda Marais

FOTO Facebook / Rolanda Marais

Die Suid-Afrikaanse model Christina Storm se derde kind is Maandag gebore. En dis ’n seuntjie! Ons kan net dink hoe sy drie sussies, Ruby, Eve en Erin, hom gaan bederf.

FOTO Instagram / @christinastormnel

FOTO Instagram / @christinastormnel

En die Afrikaanse akteurspaartjie Zetske van Pletzen en Altus Theart het 2 maande gelede hul eersteling, Alexander, verwelkom. Kyk net die skattige gesiggie.

Dinge wat ek geleer het die afgelope 2 MAANDE: Die moegheid raak beter. Halleluja! “Die baba gaan by ONS lewens inpas” – HAHA, mense wat dít sê het duidelik nog nie ‘n baba gehad nie! EVENTUEEL ja, maar beslis nie in d eerste 2 maande nie! Babas het mood swings. Hul kan gaan van 0 tot 100 in 0,04 sekondes. Partykeer weet hul sélf nie of hul wil lag of huil nie. Borsvoeding is n kuns – ‘n “skill” wat beide ma en baba moet leer. Dit vat deursettingsvermoë, geduld en oefening, maar practice makes perfect. As jy dit regkry, is dit wonderlik en spesiaal! As jy dit nie reg doen nie, kan dit verskriklik seer wees – ja, selfs ERGER as om op n LEGO te trap! Dis ongelooflik om te dink dat dít wat jou liggaam produseer is ál wat dit vat vir hierdie mensie om te groei. Ja daar is tye wat ek voel soos melkkoei, maar met só oulike kalfie, sal ek enigetyd n wees. Ek het geleer dat sleep deprivation mens se spraak kan aantas, soos toe ek vir Altus gevra het om vir my die water langs die bed te print. Twee is beter as een! Waardeer jou partner, want jy kan dit nie sonder hulle doen nie. “Slaap wanneer die baba slaap” is uitstekende raad! Maar nie altyd prakties nie. Wanneer die baba slaap is die enigste tyd wat jy dan het om te eet, stort, aan te trek, kos te maak, ens, ens.! En sodra jy uiteindelik kans kry om te gaan lê, is baba weer honger en dit bring my by die volgende ding wat ek geleer het: Babas het ‘n 6th sense – hulle wéét wanneer jy in die bed klim, want dis dán wat hul begin huil. Hul weet ook wanneer jy haastig is, want dán is dit tyd vir n doek-ontploffing! Hulle is ook bekend daarvoor om skielik honger te raak sodra jy wil ry. Ek moes leer om okay te wees daarmee om nie altyd betyds te wees nie. Vir my is dit nogal ‘n big deal omdat ek pynlik stiptelik is. Ek het geleer dat dit okay is om te erken jy sukkel en om hulp te vra. Dit maak jou nie ‘n swak ma nie. Jy hét immers net twee hande! En gepraat van hande, ek het geleer om ALLES met EEN hand te doen. Ek kan nie glo hoeveel hy gegroei het die afgelope maand nie! My LIEFDE vir hierdie mensie GROEI by die dag. Partykeer voel dit of my hart gaan ontplof. #babyboy #2months #newmommy   A photo posted by Zetske van Pletzen (@zetskevpletzen) on

Die aktrise en aanbieder Sorina ‘Flooze’ Erasmus se tweede kind, ’n dogtertjie, het ook vanjaar gekom. Die kleintjie se naam is Miana.

Bobby van Jaarsveld het vanjaar sy derde kind en eerste dogtertjie verwelkom. Dit lyk of klein Armani reeds haar pa se hart gesteel het.

En die sangeres Riana Nel se eersteling, ’n seuntjie, het ook vanjaar sy opwagting gemaak.

Dit is net te warm. Hello Desember A photo posted by Riana Nel (@riananelofficial) on

Kaptein Kurt Darren en sy vrou, Dunay, het hul tweede kind verwelkom. En vir ousus, Kyrah, is dit ’n boetie, Kade.

Die rocker Francois van Coke het verlede maand sy eersteling verwelkom en haar naam is Alex Lila.

Ek is moeg maar gelukkig. Alex is vandag 15 dae oud. Insane! #alexlila #babyvancoke A photo posted by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

Die 7de Laner Vince, oftewel Jacques Blignaut, het vir ’n derde keer pa geword. Jacques en sy vrou is reeds die ouers van twee dogtertjies, Angelique (5) en Emmanuelle (3). En nou sal klein Raphael die balans help herstel.

Die Springbok Bismarck du Plessis en sy vrou, Anja, het vanjaar tweeling-seuntjies ryker geword.

Nog ’n 7de Laner, Errol, oftewel Christo Davids, het vanjaar vir die eerste keer pa geword.

 

Five weeks and counting… Preparations almost done #elijahiscoming #truthbetold #gatsêvirjouma

 

A photo posted by christodavids (@christodavids) on

Die voormalige Mej. Suid-Afrika en sakevrou Jo-Ann Strauss het vanjaar vir ’n tweede keer ma geword. En nou het ouboet, Noah, ’n kleinsus, Hannah.

Die Afrikaanse sanger Jay du Plessis het vir ’n vierde keer pa geword. Hy het reeds drie ander seuns. Die geslag? Nog ’n seuntjie!

FOTO Facebook : Jay du Plessis

FOTO Facebook / Jay du Plessis

Die Afrikaanse akteur Stian Bam het ’n tweede pienkvoet verwelkom en dié keer is dit ’n dogtertjie.

FOTO Facebook / Truda Bam

FOTO Facebook / Truda Bam

Springbok Duane Vermeulen het ook onlangs vir ’n tweede keer pa geword en die nuweling se naam is Zian.

Die sangeres Elizma Theron het ook vir ’n tweede keer ma geword. Ousus, Eli-zé, en kleinboet, NJ, lyk of hulle al beste maatjies is.

My 2 pragtige modelle wat help met bemarking PS. Hulle word betaal A photo posted by Elizma Theron (@elizma_theron) on

Die aktrise Angelique Gerber het vir die eerste keer ma geword. Haar seuntjie se naam is Jacques.

 

Our pride and joy! Thank you Heavenly Father for this incredible perfect little boy. Thank you to my husband @jacquespotgieter7 he was AMAZING he stood by my side every step of the way, encouraging me, reminding me to breath, talking me through everything like a real pro, I was in such immense pain but he kept cheering me on – how do I ever thank you for staying so calm and just being a real champion taking it all in your stride. I am blessed to call you my husband and now a father! My mommy @lynettestemmet thank you for always holding my hand, you were the once crying with me and feeling my every pain, your love and compassion was also what I needed yesterday! Our little warrior worked just as hard and I’m so proud of him for pushing along with mommy! After a hard long and lets be honest PAINFUL battle, the most precious gift ever given to me was born at 5:30pm Japan time, he weighed in at 3.170kg and is 52,5cm long. Thank you Father that I could give birth naturally. “The Lord bless you and keep you, the Lord make His fave shine on you, and be gracious to you, the Lord turn His face toward you and give you peace!” I haven’t stopped praying for you little Jacques and mommy will always love you and be here for you!

 

A photo posted by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

Suidooster se Desiré Gardner het vanjaar vir ’n tweede keer ma geword en haar naam is Robin.

FOTO VERSKAF

FOTO VERSKAF

Die Namibiese supermodel en Victoria’s Secret-engel, Behati Prinsloo, en die Maroon 5-sanger Adam Levine het vir die eerste keer ouers geword. Hul kleintjie se naam is Dusty Rose.

Dusty Rose Levine 9/21/16 A photo posted by Adam Levine (@adamlevine) on

Die Suid-Afrikaanse supermodel en Victoria’s Secret-engel Candice Swanepoel het ook vir die eerste keer ma geword. Haar seuntjie se naam is Anacã.

 

Children of the tribe

 

A photo posted by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

Die Hollywood-aktrise Megan Fox het vanjaar haar derde kind verwelkom. Megan het haar seuntjie Journey River Green genoem.

A photo posted by Megan Fox (@the_native_tiger) on

Die Hollywood-paartjie John Legend en Chrissy Teigen se eersteling, Luna Simone, steel reeds harte.

 

Lu and big bro!

 

A photo posted by chrissy teigen (@chrissyteigen) on

Die Amerikaanse sanger Kelly Clarkson het vanjaar haar tweede kind, Remi, verwelkom.

This little guy is magic #RemyB A photo posted by Kelly Clarkson (@kellyclarkson) on

Die aktrise Olivia Wilde se tweede kind, Josephine, is onlangs gebore.

 

.

 

A photo posted by Olivia Wilde (@oliviawilde) on

Die Britse supersjef Jamie Oliver het vir ’n vyfde keer pa geword. Sy jongste seun se naam is River Rocket.

Morning Son ……..River Oliver repost @joolsoliver A photo posted by Jamie Oliver (@jamieoliver) on

Die Hollywood-aktrise Liv Tyler het vir ’n derde keer ma geword.

 

Thank you aunty @helenachristensen for the cutest Danish goodies. We love you !!!!!

 

A photo posted by Liv Tyler (@misslivalittle) on

Rob Kardashian en sy verloofde, Blac Chyna, het vir die eerste keer ouers geword. Hul dogtertjie se naam is Dream.

Sleep baby,,,, best thing that has ever happened to me in my life A photo posted by ROBERT KARDASHIAN (@robkardashian) on

Lees nou

Komediant Amy Schumer gaan Barbie wees

Nuwe grimeervoorkoms met net 2 produkte

Hekel dit spesiaal vir Kersfees

The post Bekendes wys hul bloedjies appeared first on SARIE.

Biebs kom wéér SA toe

$
0
0

Beliebers, haal asem. Nie vlak nie, maar diep. Die Amerikaanse sanger Justin Bieber kom wéér Suid-Afrika toe. Dié keer is dit as deel van sy Purpose World Tour.

Die SA deel van sy toer word deur Discovery aangebied. Big Concerts het vanoggend die goeie nuus gedeel.

Wat moet die Beliebers weet?

- Kaartjieverkope open op Donderdag 15 Desember om 09:00. Maar lede van Discovery kan vanaf Dinsdag 13 Desember begin koop.

Datums: 14 Mei 2017 – FNB-stadion, Johannesburg

17 Mei 2017 – Kaapstad-stadion, Kaapstad

JB-web-art3-8728f6b78d

Onthou jy nog?

In 2013 het ou Biebs, toe 19, die eerste keer in SA opgetree voor uitverkoopte skares van veral gillende meisies. In Joburg is sy konsertgeld gesteel en in Kaapstad het hy amok gemaak by ’n hotel, lees meer hier en hier.

Dit lyk tog of die 22-jarige ’n bietjie groter geword het. Hy het selfs vanjaar besluit om sy Instagram-profiel te verwyder.

Hier’s ’n paar van sy nuutste treffers:

Lees nou

Bekendes wys hul bloedjies

Komediant Amy Schumer gaan Barbie wees

Gewildste skoen op Pinterest

The post Biebs kom wéér SA toe appeared first on SARIE.


VIDEO: Madonna se Carpool Karaoke

$
0
0

Dit is weer Carpool Karaoke-tyd! “Carpool Karaoke” is die gewilde insetsel op die The Late Late Show with James Corden  (beskikbaar op ShowMax). Carpool Karaoke begin gewoonlik met James wat werk toe ry terwyl hy reeds laat is, of aan die verdwaal is. En dié keer help niemand anders nie as die legendariese sangeres Madonna hom!

A photo posted by Madonna (@madonna) on

VIDEO: Lady Gaga se Carpool Karaoke!

Dis beslis ’n nostalgiese gevoel wanneer James en Madonna die liedjie “Vogue” sing, met die danspassies daarby, natuurlik. Hulle sing ook “Don’t Cry For Me Argentina”, Andrew Lloyd Webber se liedjie wat sy in die rolprent Evita gesing het. En sy gesels oor haar vriendskap met die ontslape “koning van pop”, Michael Jackson.

Dis beslis iets wat jy nie moet mis nie!

Kyk Madonna se Carpool Karaoke hier!

Michelle Obama in ‘Carpool Karaoke’

Lees nou

Hildegardt Whites en Vredendal se plaaslike blikslaner

Jimmy Kimmel word weer pa

Komediant Amy Schumer gaan Barbie wees

The post VIDEO: Madonna se Carpool Karaoke appeared first on SARIE.

Ryan Gosling doen dít ook!

$
0
0

Hy is sjarmant, hy is talentvol, hy’s ’n pa. En hy kan sing! Is daar iets wat die Kanadese akteur Ryan Gosling nié kan doen nie?

Hollywood gons oor die fliek La La Land, waarin Ryan en Emma Stone die hoofrolle vertolk. Kritici meen, as jy die GoldDerby moet glo, dat albei sterre volgende jaar vir Oscars benoem gaan word vir hul spel in dié prent.

Op die oomblik lê Emma eerste in haar kategorie en Ryan derde in syne.

Kyk net hoe sing Ryan en Emma:

Die akteurs het regtig gesing terwyl die tonele verfilm is. Die meeste musiekblyspele se sang word vooraf opgeneem, dan sing die akteurs net speel-speel tydens verfilming. Ryan het ook vir drie maande intensief geleer hoe om klassieke jazz op die klavier te speel, berig Entertainment Online.

Maar Ryan is eintlik ’n musikant en kon voor La La Land bietjie klavier speel. Hy en sy goeie vriend Zach Shields het in 2007 die band Dead Man’s Bones begin. Hy sing nie net nie, maar speel die klavier, kitaar en baskitaar.

Hier’s een van hul treffers – hulle het dit by ’n ouetehuis opgevoer:

Lees nou

VIDEO: Madonna se Carpool Karaoke

Bekendes wys hul bloedjies

Komediant Amy Schumer gaan Barbie wees

The post Ryan Gosling doen dít ook! appeared first on SARIE.

Katy Perry het meer volgelinge as die hele SA bevolking

$
0
0

Die Grammy-wenner Katy Perry het meer Twitter-volgelinge as die hele bevolking van Suid-Afrika, wat om en by 53 miljoen is. Sy het 94,5 miljoen van hulle, dis die hele Suid-Afrika plus 41,5 miljoen mense! Geen wonder Katy Perry is weer aangewys as die persoon wat die meeste op Twitter gevolg word.

Volgens Time is Katy eerste, en Justin Bieber in die tweede plek met ’n enorme 90,2 miljoen. Het jy gehoor die Biebs kom SA toe? Klik hier vir meer inligting. In die derde plek is Katy se aartsvyand, Taylor Swift. Ou Taytay het net 82,2 miljoen. En vierde is die nou byna oud-president Barack Obama met 80,1 miljoen volgelinge. Rihanna, oftewel Riri, is in die vyfde plek met ’n hartseer 68,1 miljoen. Vir die volledige lys, klik hier.

SKERMGREEP Twitter

SKERMGREEP Twitter

Van die 8 onder die top-10 is musikante, die ander twee is ’n komediant en politikus.

via GIPHY

Maar op Instagram kraai die Amerikaanse sangeres Selena Gomez koning(in). Ja, sy het 104 miljoen volgelinge op dié platform, dis byna twee maal die hoeveelheid inwoners in ons land! Op Instagram het ou Katy net 59,2 miljoen volgers.

Screen Shot 2016-12-08 at 4.58.57 PM

SKERMGREEP Instagram

Screen Shot 2016-12-08 at 4.59.32 PM

SKERMGREEP Instagram

Is jy ook verbaas?

via GIPHY

Lees nou

Ryan Gosling doen dít ook!

5 super-hartkosse

The post Katy Perry het meer volgelinge as die hele SA bevolking appeared first on SARIE.

Kyk wat is die gewildste video onder Suid-Afrikaners op YouTube!

$
0
0

Trevor Noah, die gewilde Suid-Afrikaanse komediant en die aanbieder van The Daily Show, is heel bo-aan die lys van die gewildste video’s wat Suid-Afrikaners in 2016 gekyk het, berig Times Live. Die video is al meer as 2 miljoen keer gekyk en is ’n parodiestuk op president Jacob Zuma kort ná die onthulling van die Panama- dokumente.

Kyk die video hier!

 

Maar wat is wêreldwyd nommer een?

YouTube het onlangs ’n lys bekend gemaak van video’s wat in 2016 viral gegaan het. En James Corden se se “Carpool Karaoke” is wêreldwyd die nommer een!

Sedert die video in Januarie op YouTube geplaas is, het dit reeds ’n kykerstal van meer as 135 miljoen bereik, berig Variety. En ons kan sien hoekom! Die gewilde insetsel “Carpool Karaoke ” op The Late Late Show with James Corden is ’n groot sukses en lok talle kykers met al die celebs wat daarin verskyn.

Kyk Adele se Carpool Karaoke hier:

 

Hier is die res van YouTube se top-10 video’s van 2016.

2. Pen-Pineapple-Apple-Pen deur Piko-Taro is meer as 178 miljoen keer gekyk.

3. What’s Inside a Rattlesnake Rattle? is meer as 59 miljoen keer gekyk.

4.The Switch ft. Cristiano Ronaldo, Harry Kane, Anthony Martial & More van Nike Football is meer as 57 miljoen keer gekyk.

5. Grace VanderWaal: 12-Year-Old Ukulele Player Gets Golden Buzzer op America’s Got Talent is meer as 46 miljoen keer gekyk.

6. Water Bottle Flip Edition deur Dude Perfect is meer as 43 miljoen keer gekyk.

7. Channing Tatum & Beyonce’s “Run The World (Girls)” vs. Jenna Dewan-Tatum’s “Pony” op  Lip Sync Battle is meer as 36 miljoen keer gekyk.

8. Donald Trump op Last Week Tonight With John Oliver van HBO is meer as 30 miljoen keer gekyk.

9.  The $21,000 First-Class Airplane Seat deur Casey Neistat is meer as 26 miljoen keer gekyk.

10.  Brothers Convince Little Sister of Zombie Apocalypse deur Cabot Phillips is meer as 21 miljoen keer gekyk.

Beliebers kan ook verheug wees – Justin Bieber se treffer “Sorry” is nommer een op die Vevo 2016-lys van musiekvideo’s wat vanjaar die meeste gekyk is. Dis reeds meer as 2 miljard keer gekyk!

Vir ’n Vrydag-bederf, kyk die video hier!

Lees nou

VIDEO: Madonna se Carpool Karaoke

Ryan Gosling doen dít ook!

Biebs kom wéér SA toe

The post Kyk wat is die gewildste video onder Suid-Afrikaners op YouTube! appeared first on SARIE.

Die sexy Baywatch-lokprent is hier!

$
0
0

Dink jy aan die Amerikaanse reeks Baywatch, kom daar drie goed by jou op: Die temalied, The Hoff en Pamela Anderson. Ja, die 90’s was gevul met klein rooi swembroeke en sexy-sexy menseredders. In 2017 is Baywatch weer in ons midde, maar dié keer is dit op die silwerdoek.

Dwayne The Rock Johnson speel die rol van Mitch, die rol wat David Hasselhoff ikonies gemaak het. Met sy kaalkop, tatoeëermerke en gebulte spiere is Dwayne vanjaar aangewys as People se Sexiest Man Alive.

Dié titel is vir hom nie so belangrik soos die titel van pa en lewensmaat nie. Vir die afgelope 9 jaar is hy in ’n verhouding met Lauren Hashian. Die paartjie het een dogtertjie, Jasmine, saam. Hy het ook ’n 15-jarige dogter, Simone, uit ’n vorige huwelik.

Die ewe sexy Zac Efron speel ook in Baywatch.

Kyk net die sexy en snaakse lokprent hier:

Lees nou

Dis ’n peuselpartytjie!

Wat jy moet weet oor threading

Katy Perry het meer volgelinge as die hele SA bevolking

The post Die sexy Baywatch-lokprent is hier! appeared first on SARIE.

Viewing all 1931 articles
Browse latest View live