Quantcast
Channel: Het jy gehoor? – SARIE
Viewing all 1931 articles
Browse latest View live

Mick Jagger vir die 8ste keer pa – op 73!

$
0
0

Die legendariese hoofsanger van The Rolling Stones, Mick Jagger, is weer pa – vir die agtste keer! Mick se meisie, die 29-jarige balletdanser Melanie Hamrick, het gister die lewe geskenk aan hul seun. 

Hoewel dit Melanie se eerste baba is, is dit beslis nie Mick se eerste enetjie nie. Die paartjie is sedert 2014 saam en het kort ná die selfdood van sy beminde van 13 jaar, L’wren Scott, begin uitgaan, berig BBC.

Hy het reeds sewe kinders uit sy vorige verhoudings met Marsha Hunt, Bianca Jagger, Jerry Hall en Luciana Gimenez Morad. Sy oudste dogter met die aktrise Marsha Hunt, Karis Jagger, is 47 jaar oud. Sy naasjongste seun is die 17-jarige Lucas Jagger uit sy verhouding met die voormalige model Luciana Morad.

Maar dit is nie al nie. Mick het reeds 5 kleinkinders en het in 2014 ’n grootoupa geword toe sy kleindogter Assisi Jagger die lewe geskenk aan haar seuntjie, Ezra Key. Dit beteken natuurlik sy agterkleinkind is twee jaar ouer as sy nuwe baba!

Maar hy is nie die enigste lid van The Rolling Stones wat vanjaar op ’n so ’n hoë ouderdom pa geword het nie. Ronnie Wood en sy 38-jarige vrou, Sally Humphreys, het in Mei, net ’n maand voor sy 69ste verjaardag, ouers geword van tweelingdogters! Dit wil gedoen wees.

Veels geluk, Mick en Melanie!

Lees nou

Kyk wat is die gewildste video onder Suid-Afrikaners op Youtube!

VIDEO: Madonna se Carpool Karaoke

Biebs kom wéér SA toe

The post Mick Jagger vir die 8ste keer pa – op 73! appeared first on SARIE.


Flieks: Fifty Shades Darker, SA’ner speel teenoor Gone Girl!

$
0
0

Fifty Shades het dié week die tweede lokprent vir die reeks bekend gestel. Die wêreld is aan die gons oor wat gaan gebeur en of Ana en Christian by mekaar gaan bly. Maar ons is oor iets heel anders opgewonde – ons sien uit na die fliek A United Kingdom wat die naweek begin draai. In die rolverdeling is David Oyelowo, Rosamund Pike en ’n Suid-Afrikaner! Raai wie!

A United Kingdom

Jy sal Terry Pheto onthou vir haar rol in Tsotsi, die Suid-Afrikaanse film wat in 2005 die Oscar gewen het vir beste buitelandse rolprent. Die nuutste fliek waarin sy speel, begin hierdie naweek draai.

A United Kingdom vertel die ware verhaal van Botswana se koning, Seretse Khama (David Oyelowo), en Ruth Williams (Rosamund Pike), ’n wit vrou van Londen, wat in die 1940’s getrou het. Hierdie besluit het internasionaal opslae gemaak aangesien so ’n huwelik destyds onwettig was in Botswana se buurland Suid-Afrika. In die rolprent vertolk Terry die rol van die koning se jonger suster.

Sy het onlangs die BIFA (Britse Onafhanklike Filmtoekennings)-toekenningseremonie in Londen bygewoon, waar sy een van die benoemdes vir beste byspeler was.

Kyk net al die mooi rokke wat sy na die film se premières en toekenningsaande dra!

Kaapse première: Haar rok is van Gert-Johan Coetzee

flieks

FOTO Instagram / @terrypheto

BIFA-toekennings: Haar rok is deur Marianne Fassler

Openingsaand in London: Haar rok is deur Marianne Fassler

Hier staan Terry langs Rosamund Pike, Amma Asante (regisseur), Laura Carmichael (van Downton Abbey-faam) en Jessica Oyelowo (David se vrou).

Fifty Shades Darker

Christian Grey en Anastasia Steele is terug in die tweede film van die Fifty Shades-reeks. Fifty Shades Darker het ’n nuwe regisseur, House of Cards se James Foley, en ander bekendes soos Kim Basinger (Oscar-wenner vir haar rol in L.A. Confidential en bekend as Never Say Never Again se Bond-girl teenoor Sean Connery), Hugh Dancy (bekend vir sy rol in die tekevisiereeks Hannibal) en Rita Ora.

Die fliek sal Februarie in teaters wêreldwyd begin wys. Fifty Shades het dié week ’n nuwe lokprent vrygestel. Kyk dit hier:

Flieks wat hierdie week wys

Lees nou

Lady Gaga: “Ek mis mense …”

SARIE se 2016-sterre: Beáte Opperman se jaar van groei

Was jy al skaam & verleë by die werk? 3 redes hoekom dit goed is

The post Flieks: Fifty Shades Darker, SA’ner speel teenoor Gone Girl! appeared first on SARIE.

4 goedvoelstories vir Vrydag!

$
0
0

Dis Vrydag! En om die lang week af te sluit is hier ’n paar goedvoelstories om jou naweek lekker af te skop. Van Chad le Clos tot die reën – daar is soveel goed waaroor ons vandag góéd kan voel.

Chad le Clos verbeter sy eie wêreldrekord

Die Olimpiese swemmer Chad le Clos het sy tweede goue medalje by die 13de Fina  Wêreld Swemkampioenskap in Kanada gewen. Die tweede medalje is wel baie meer as goud werd – hy het sy eie wêreldrekord vir die 100 m-vlinderslag laat spat, berig Sport24.

Chad het sy vorige tyd van 48.44 sekondes, wat hy by die vorige kampioenskappe in Doha in 2014 geswem het, geklop met ’n tyd van 48.08 sekondes.

In SARIE se Januarie 2017-uitgawe gesels ons met Chad oor sy planne, sy teleurstellings en sy drome. Moet dit nie misloop nie.

Twee plaaswerkers se dogter is nou ’n dokter

Toe Yvonne Dyum se matriekuitslae nie goed genoeg was om vir die mediese graadprogram aanvaar te word nie, het sy nie tou opgegooi nie. Sy het in 2010 ná haar matriekjaar ingeskryf vir Stellenbosch Universiteit se SciMathUS-program, berig US. Dit is die oorbruggingskurses wat vir matrikulante aangebied word om hul wiskunde- en wetenskappunte te verbeter sodat hulle universiteitstoelating kan kry. Ná die jaarkursus was Yvonne se punte goed genoeg om medies te studeer, en vandag is sy dr. Yvonne Dyum.

FOTO Universiteit Stellenbosch

FOTO Universiteit Stellenbosch

Kirk Douglas is vandag 100 jaar oud!

Wêreldwyd is daar slegs ’n klein persentasie mense wat die voorreg het om hul 100ste verjaardag te vier. En die legendariese Hollywood-akteur Kirk Douglas is deel van dié uitverkore groepie. Die Golden Globe-wenner het in 87 rolprente verskyn, waaronder Spartacus, Ace in the Hole en Ulysses, berig Mirror. Sy seun Michael Douglas het ook in sy pa se voetstappe gevolg en ’n suksesvolle akteur geword. Baie geluk, Kirk!

Maar dit is nie al bekende wat vandag verjaar nie. Dame Judi Dench word vandag 82 jaar oud. Die Britse aktrise is veral bekend vir haar karakter Olivia “Emma” Mansfield in die James Bond 007-rolprentreeks. Sy het vir haar 81ste verjaarsdag ’n tatoeëermerk op haar arm gekry wat se “Carpe diem”, berig Telegraph. Ons wonder watter tatoeëermerk sy dié verjaardag gaan kry?

Dit reën!

Suid-Afrika is op die oomblik in ’n dorre droogte en waar ons soveel waterbeperkings het, is baie vandag verlig vir die salige reënbui.

Reen insta1

Ons kan nie help op om te dink aan die musiekgroep Toto se treffer “Africa” nie.

Kyk dit hier!

Lees nou

Mick Jagger is vir die 8ste keer pa – op 73!

Kyk wat is die gewildste video onder Suid-Afrikaners op YouTube!

VIDEO: Madonna se Carpool Karaoke

The post 4 goedvoelstories vir Vrydag! appeared first on SARIE.

Hunter van Heuwels se Zucchini-wiggies

$
0
0

Ons het Hunter Kennedy leer ken as die alternatiewe rocker in die band Fokofpolisiekar wat Afrikaanse ouers se nekhare laat regopstaan het. Oe, hoe durf die manne so vloek. Siesa. Min het hulle geweet watter impak dié man op die musiekbedryf sal hê, want Hunter was van die begin af goed met die pen en het reeds talle lirieke en gedigte geskryf.

Deesdae is hy deel van Die Heuwels Fantasties saam met Sheldon Yoko, Pierre GreefF, Fred den Hartog. En dié band groet 2016 behoorlik met ’n nuwe enkelsnit, “LED Liefde”!

Hunter sê: “‘LED Liefde’ gaan oor verlange. Tydens die feesseisoen is daar baie wat nie by hul geliefdes kan wees nie.”

LED Liefde het vinnig sy verskyning op die iTunes-ranglys gemaak en het reeds Jacaranda FM se Top 20 gehaal.

Kyk die musiekvideo hier:

Dié video is deur Ruan Vermeulen vervaardig. Hulle glo hul nuutste liedjie sal baie aanklank vind, want dit het ’n universele tema in die digitale era.

Maar Hunter is ook ’n man wat so dan en wan agter die potte staan as hy nie sing of musiek maak nie. En nou deel hy een spesiaal met ons!

Sy zucchini-wiggies maak hy graag as bygereg vir wanneer hy sy vrou, Nelia, wil bederf.

“Ek het gisteraand vir ons gekrummelde varktjops gemaak met sampioensous en zucchini-wiggies. Dit was nogal lekker.’’ Hy het die resep aanlyn gekry .

“En toe sit ek my eie spin op die gereg.” Net soos Hunter kan – natuurlik!

Hunter se Zucchini-wiggies

Hoe maak jy dit?

– Sny die zucchinis (murgpampoentjies) in vier skyfies in die lengte — en pak met hul skilkante ondertoe op jou voorbereide oondbord.

– Meng gerasperde parmesaankaas, gedroogde tiemie, origanum, basiliekruit in ’n bakkie. Strooi oor die zucchini volgens jou eie smaak. Hierdie mengsel gee die zucchinis ’n lekker brosheid, so ek het sommer baie gebruik.

– Verhit die oond tot 180 grade C.

– Sit die goed in die oond vir 15 minute en nog so 5 minute op grill sodat daai parmesan mengsel lekker verhit en siedaar!

Ons gaan beslis LED Liefde luister wanneer ons Hunter se resep gaan maak!

LED Liefde – Lirieke

ek sien jou net op my skerms
LED liefde is hartseer
ek sien jou net op my skerms
digitale heimweë
eendag as als kalmeer het
vir nou net LED liefde
ons LED liefde
is hartseer

eerlik
in hierdie oomblik
ek wil nie my oë knip
en sien jy het weggeglip

als gebeur so vinnig
so vinnig
jy moet weet
’n mens sou sweer

ek’s nooit by die huis nie
as ek daar aankom slaap jy
soengroet in die oggend
vinnig in die oggend

Lees nou

SARIE se 2016-sterre: vrees moet jou inspireer Laré Birk!

Paartjies, pasop vir 11 Desember …

The post Hunter van Heuwels se Zucchini-wiggies appeared first on SARIE.

Kyk die TV-sterre se mooiste troue!

$
0
0

Nog ’n glanstroue in TV-land! Die Suits-akteur Patrick J. Adams en die Pretty Little Liars-aktrise Troian Bellisario het hul spesiale dag gevier soos net bekendes dit kan doen – met ’n naweek propvol feesvieringe en die mooiste uitrustings.

Die paartjie het die afgelope naweek ’n pragtige landelike troue in Kalifornië gehou. Die bruid het beeldskoon gelyk in ’n boheemse-styl trourok.

A photo posted by Patrick Adams (@halfadams) on

  A photo posted by Zachary Quinto (@zacharyquinto) on

 

Kyk die Glee-ster Dianna Agron se troue hier!

A photo posted by Ashley Benson (@itsashbenzo) on

Nog bekendes wat die troue bygewoon het, is Troian se Pretty Little Liars-byspelers Lucy Hale, Ashley Benson en Tyler Blackburn, en die akteur Chris Pine en die Dallas-aktrise Alex Mckenna.

A photo posted by Lucy Hale (@lucyhale) on

Baie geluk, Troian en Patrick!

A video posted by lulu brud (@ladyluofthewolves) on

Magical @sleepinthegardn @halfadams #married #fortday2016

A video posted by Marlene King (@imarleneking) on

Lees nou

Mick Jagger vir die 8ste keer pa – op 73!

Die sexy Baywatch-lokprent is hier!

Kyk wat is die gewildste video onder Suid-Afrikaners op YouTube!

The post Kyk die TV-sterre se mooiste troue! appeared first on SARIE.

Inspirasiekos met SARIE: Kook met riviervis

$
0
0

Om goed te wees vir die aarde is ons almal se plig. Jy kan jou deel doen deur seker te maak dat jou koolstofafdruk so klein moontlik is. Toe ek hoor van Intaka Eiland in die hart van die betonoerwoud, het ek geweet ek moet daar gaan inloer.

In die middel van die polsende Century City is ’n natuurreservaat waar Louis-Gilles Janse van Rensburg besluit het om volhoubare tuine te ontwikkel. Hy gebruik die natuur se hulpbronne sonder om die natuur te beskadig. Dit is ’n gekombineerde waterkwekery-en-visplaas, en die proses staan bekend as aquaponics.

VIA_FB_Inspirasiekos-met-SARIE

Wat presies doen jy hier, Louis?

Ek het ’n tuin ontwikkel wat gebruik maak van tilapia-visse wat natuurlik voorkom in varswater en in die kanale van Century City. Die tuin onderhou homself.

Maar hoe werk dit?

Tilapia skei ammoniak af in die water. Dít bevorder die groei van bakterieë, wat op hul beurt deur die plante in jou groentetuin [die plante groei op die water, met die wortels wat deur polistireenplate met gaatjies in die water hang] geabsorbeer word. Die groente skei dan weer minerale en vitamiene af wat in die water teruggaan en die visse voed. Die water filtreer heeltyd en so bou jy jou eie ekosisteem. Die tuin lewer groente vir jou daaglikse gebruik en jy leef nader aan die aarde.

En die tilapia waarmee ek vandag kook?

Tilapia is ’n varswatervis wat natuurlik voorkom in riviere en kanale in Suid-Afrika. Die vis is 100% volhoubaar en teel baie vinnig aan, trouens ons moet gereeld uitvang in die kanale. Die vis word in supermarkte verkoop. Dit het ’n growwe tekstuur en ’n heerlike smaak!

Maar hoe gemaak as ek nie die vis kan kry nie?

Geen rede tot kommer nie, jy kan al die resepte met enige ander witvis van jou keuse maak.

Dié week op ons Inspirasie-spyskaart:

  • Groen, groener, kerrie
  • Mediterreense visbredie
  • Tempura-slaai

IKMS_TALAPIA_DC_CARD1_0087

Groen, groener, kerrie

Thaise groen kerrie is geurig en die perfekte pasmaat vir vis en ander seekos. Die geheim is die basis van die sous. Kook dit met sorg en die eindresultaat sal geurig wees.

genoeg vir 4

  • 30ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies
  • 1 sakkie (80 g) Thaise groenkerriepasta
  • 1 blik (400 ml) klappermelk
  • 1 groenbrandrissie, gekap
  • 4 witvis-filette (sowat 400 g saam), ontvel
  • 120 g mangetout (suiker-ertjies)
  • 400 g sagtestingel-broccoli (tender stem)
  • 1 hand vol vars koljander, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • wit rys vir voorsit

Verhit olyfolie in ’n pot en braai ui en knoffel tot goudbruin – so 5 minute. Voeg kerriepasta by en braai vir 3 minute. Gooi klappermelk by en verlaag die temperatuur. Laat stadig kook vir so 10 minute of tot geurige sous vorm. Roer brandrissie by. Pak visfilette in warm sous en kook vir nog 10 minute. Sodra die vis gaar is, skakel die plaat af en gvoeg die mangetout en broccoli by. Maak pot toe en laat staan – die warm sous sal die groente gaarmaak, maar steeds bros hou. Roer die koljander deur en geur goed met sout en swartpeper net voordat jy dit met rys voorsit.

IKMS_TALAPIA_DC_CARD1_0100

Mediterreense visbredie

As jy hou van die smaak van tamatie, is dié bredie net vir jou. Sit dit voor op ’n warm somerdag!

genoeg vir 6

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 2 x 410 g-blikke gekapte tamaties
  • 250 ml rooiwyn
  • 4 takkies tiemie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 400 g gemengde kersietamaties
  • 2 groot witvis-filette
  • 100 g ontpitte groenolywe
  • 1 hand vol vars basilieblare

Verhit olyfolie tot warm in groot pot. Voeg uie en knoffel by en roerbraai vir 2-3 minute of tot begin verbruin. Voeg tamaties, rooiwyn en tiemie by. Verlaag hitte en laat prut oop vir sowat 10 minute of tot sous met 1/3 verminder het. Geur goed met sout en peper en voeg kersietamaties, vis en olywe by. Maak pot toe en laat prut oor lae hitte vir 10-12 minute of tot vis gaar is. Sit voor met vars basilie.

IKMS_TALAPIA_DC_CARD1_0060

Tempura-slaai

Somer op ’n bord!

genoeg vir 4

  • 5 ml bakpoeier
  • 125 ml koekmeel
  • 125 ml mielieblom
  • 5 ml sout
  • 1 eierwit
  • sowat 80 ml sodawater
  • 30 happiegroot stukkies wit vis
  • koekmeel, om vis in te rol
  • 750 ml sonneblomolie
    Res van slaai
  • 3 perskes, skywe gesny
  • 100 g pekanneute, gekap
  • 100 g roomkaasballetjies
  • 2 stingels jong seldery, gekap
  • 100 ml goeie sojasous vir voorsit

Meng bakpoeier, meel, mielieblom, sout en eierwit. Voeg genoeg sodawater by om ’n loperige beslag te vorm. Verhit olie in ’n diep kastrol. Doop elke stukkie vis in die tempura-beslag en braai tot goudbruin en krakerig. Dit neem sowat 3 – 4 minute. Dreineer op kombuispapier. Pak slaaibestanddele opopdien bord en pak warm vis bo-op. Sprinkel sojasous oor en sit onmiddellik voor.

Wat is tempura?
Tempura is van Oosterse afkoms – lekker krakerige vleis, vis of groente wat in dun beslag gedoop en diepgebraai is.

Nóg Inspirasiekos met SARIE-resepte

Waterblommetjie | Sout | Mossels en Oesters | Meel | Sampioene | Mozzarella | Soutwaterforel | Whisky | Vanielje

Spekko Promosie Tag

Hierdie episode van Inspirasiekos met SARIE (VIA, DStv-kanaal 147) is geborg deur Spekko. Met Spekko-rys kry jy altyd meer – ook inspirasie vir heerlike nuwe geregte.

SPEKKO VIA SPONSORSHIP DIGITAL IMAGE V2-B

Besoek www.spekkorice.co.za vir meer resepte en volg Spekko op Facebook of@SpekkoRice op Twitter en @SpekkoSA op Instagram.

The post Inspirasiekos met SARIE: Kook met riviervis appeared first on SARIE.

Golden Globes 2017: Benoemings

$
0
0

Dis byna weer tyd vir Hollywood se jaarlikse groot toekenningsaande, van die Golden Globes tot die Oscars. Ja, die prysuitdelingseisoen begin!

Gister was dit die Critics’ Choice Awards en talle bekendes het met ’n toekenning weggeloop, klik hier vir meer.

Die benoemings vir die 2017 Golden Globes, wat die kleinboet van Mnr. Oscars is, is Maandagmiddag bekend gemaak.

Hier’s die lys van benoemings:

Vir rolprente:

Beste akteur in ’n drama

Casey Affleck, Manchester by the Sea
Joel Edgerton, Loving
Andrew Garfield, Hacksaw Ridge
Viggo Mortensen, Captain Fantastic
Denzel Washington, Fences

2016-11-12-1478968630-1457362-manchester2674x491

Beste aktrise in ’n drama

Amy Adams, Arrival
Jessica Chastain, Miss Sloane
Isabelle Huppert, Elle
Ruth Negga, Loving
Natalie Portman, Jackie

jackieheader

Beste akteur in ’n komedie/musiekblyspel

Colin Farrell, The Lobster
Ryan Gosling, La La Land
Hugh Grant, Florence Foster Jenkins
Jonah Hill, War Dogs
Ryan Reynolds, Deadpool

La-La-Land-Reviews

Beste aktrise in ’n komedie/musiekblyspel

Annette Bening, 20th Century Women
Lily Collins, Rules Don’t Apply
Hailee Steinfeld, The Edge of Seventeen
Emma Stone, La La Land
Meryl Streep, Florence Foster Jenkins

florence-foster-jenkins

Beste vroulike byspeler

Viola Davis, Fences
Naomie Harris, Moonlight
Nicole Kidman, Lion
Octavia Spencer, Hidden Figures
Michelle Williams, Manchester by the Sea

hidden_figures

Beste manlike byspeler

Mahershala Ali, Moonlight
Jeff Bridges, Hell or High Water
Simon Helberg, Florence Foster Jenkins
Dev Patel, Lion
Aaron Taylor Johnson, Nocturnal Animals

lion-movie-poster-dev-patel

Beste regisseur

Damien Chazelle, La La Land
Tom Ford, Nocturnal Animals
Mel Gibson, Hacksaw Ridge
Barry Jenkins, Moonlight
Kenneth Lonergan, Manchester by the Sea

hacksaw0001

Beste rolprent, drama

Hacksaw Ridge
Hell or High Water
Lion
Manchester by the Sea
Moonlight

2016-10-30-1477863644-6514640-moonlight

Beste rolprent, komedie/musiekblyspel

20th Century Women
Deadpool
Florence Foster Jenkins
La La Land
Sing Street

deadpool_poster_by_goxiii-d9nsbhx

Vir televisie:

Beste TV-reeks

The Crown
Game of Thrones
Stranger Things
This Is Us
Westworld

thecrown_keyart_us

Beste TV-reeks, komedie/musiekblyspel

Atlanta
Black-ish
Mozart in the Jungle
Transparent
Veep

mozart-in-the-jungle-first-season.21505

Beste TV mini-reeks of fliek

American Crime
The Dresser
The Night Manager
The Night Of
The People vs. O.J. Simpson: American Crime Story

american-crime-posters

Beste akteur, drama

Rami Malek, Mr. Robot
Bob Odenkirk, Better Call Saul
Matthew Rhys, The Americans
Liev Schreiber, Ray Donovan
Billy Bob Thornton, Goliath

Mr-Robot-Poster-v1

Beste aktrise, drama

Caitriona Balfe, Outlander
Claire Foy, The Crown
Keri Russell, The Americans
Winona Ryder, Stranger Things
Evan Rachel Wood, Westworld

netflix stranger things poster

Beste akteur, komedie

Anthony Anderson, Black-ish
Gael Garcia Bernal, Mozart in the Jungle
Donald Glover, Atlanta
Nick Nolte, Graves
Jeffrey Tambor, Transparent

Blackish-Poster (1)

Beste aktrise, komedie

Rachel Bloom, Crazy Ex-Girlfriend
Julia Louis-Dreyfus, Veep
Sarah Jessica Parker, Divorce
Issa Rae, Insecure
Gina Rodriguez, Jane the Virgin
Tracee Ellis Ross, Black-ish

divorce-poster

Beste manlike byspeler

Sterling K. Brown, The People vs. O.J. Simpson
Hugh Laurie, The Night Manager
John Lithgow, The Crown
Christian Slater, Mr. Robot
John Travolta, The People vs. O.J. Simpson

american-crime-story-people-simpson-poster-752x1024

Beste vroulike byspeler

Olivia Colman, The Night Manager
Lena Headey, Game of Thrones
Chrissy Metz, This Is Us
Mandy Moore, This Is Us
Thandie Newton, Westworld

1274080mktpawestworlds1keyartpov1jpg-42cbc1_765w 2

Beste akteur, mini-reeks of TV-fliek

Riz Ahmed, The Night Of
Bryan Cranston, All the Way
Tom Hiddleston, The Night Manager
John Turturro, The Night Of
Courtney B. Vance, The People vs. O.J. Simpson

All_The_Way

Beste aktrise, mini-reeks of TV-fliek

Felicity Huffman, American Crime
Riley Keough, The Girlfriend Experience
Sarah Paulson, The People vs. O.J. Simpson
Charlotte Rampling, London Spy
Kerry Washington, Confirmation

confirmation-poster-kerry-washington

Lees nou

Die Hollywood-paartjies is vir jare saam

Ag nee, Natalie Portman, wáárom?

Kyk die TV-sterre se mooiste troue!

The post Golden Globes 2017: Benoemings appeared first on SARIE.

Kyk ADAM en Jacaranda FM se Kersfees-musiekvideo hier!

$
0
0

Vir die meeste van ons was dit ’n moeilike jaar. Dink maar aan dinge soos Donald Trump se verkiesing tot Amerikaanse president, gevegte in ons parlement, die Springbokke se vertoning en die sage met die Gupta-gesin. Selfs die skrywer en akteur Matt Oswalt dink so!

Maar deur al die drama is Suid-Afrika die sterkste wanneer ons almal as ’n nasie saamstaan. Dít is die boodksap van Jacaranda FM se ontbytspan, Rian & The Complimentary Breakfast, en die musiekgroep ADAM aan Suid-Afrika.

Die ontbytspan maak elke jaar ’n Kersfees-musiekvideo en dié jaar help ADAM hulle. Hulle het hul eie weergawe gemaak van die musiekgroep One Direction se treffer “History”. Hierin sing hulle oor al die moeilikheid en skandale wat Suid-Afrika in 2016 getref het.

“Maar ons sal dit maak. Ons het ’n sterk geskiedenis en dit kan die beste plek wees wat die wêreld al gesien het.” Só lui die lirieke, en jy kan nie help om goed te voel wanneer jy die video kyk nie.

Het jou week ’n rowwe begin gehad? Kyk die video hier om jou beter te laat voel!

Lees nou

Mick Jagger vir die 8ste keer pa – op 73!

Kyk wat is die gewildste video onder Suid-Afrikaners op YouTube!

Bekende model skop stof in haar beste vriendin se oë

The post Kyk ADAM en Jacaranda FM se Kersfees-musiekvideo hier! appeared first on SARIE.


Charlize Theron – vinnig en vreesloos

$
0
0

Die Oscar-wenner Charlize Theron staan gereeld haar man in Hollywood. As sy nie vir gelyke betaling veg nie, is sy vreesloos met haar keuses van rolle. Keer op keer verken sy haar donker kant om karakters meesterlik te vertolk. Maar Charlize is ook mal oor spoed en sy skroom nie om gereeld haar eie toertjies te doen nie!

Vroeër vanjaar is aangekondig dat Charlize die eerste vroulike skurk in die nuutste rolprent van The Fast and the Furious-reeks gaan wees.

Nóú is die lokprent uiteindelik vrygestel en haar hare is lank!

Kyk hier:

Sy het die foto’s vroeër vanjaar op sosiale media gedeel:

This is one badass groupI have so much love for this incredible cast and their warm welcome into the Fast family! #F8

A photo posted by Charlize Theron (@charlizeafrica) on

#F8 A photo posted by Charlize Theron (@charlizeafrica) on

In die rolprent The Italian Job (2003) bestuur al die karakters Mini Coopers. Charlize het gou klaargespeel met die stereotipering dat vroue nie kan bestuur nie en haar eie motor bestuur. Die akteurs het voor die verfilming vir intensiewe bestuurslesse gegaan. In ’n onderhoud met BBC verklap sy hoe die rolprentspan haar aanvanklik onderskat het.

“Hulle het gesê: ‘Ons moet vir haar ’n paar ekstra weke gee, want sy is ’n meisie.’ En toe ek dit hoor, het ek teruggekap: ‘Trek een week af!’ Daar was gereeld kompetisie tussen my en die akteurs Mark (Wahlberg) en Jason (Statham). Ek het al my toertjies gedoen, behalwe een sprong. Ek het my kop hoog gehou.”

Sy het só vinnig gery tydens die verfilming dat sy glo twee spoedkaartjies gekry het!

Kyk hoe bestuur Charlize by 02:44 in die video:

In Mad Max: Fury Road (2015) het Charlize self besluit om haar goue lokke te skeer. En hoewel sy en die Britse akteur Tom Hardy elkeen ’n waagkunstenaar gehad om hulle met van die uitdagende toertjies te help, het Charlize-hulle baie van hul eie toertjies gedoen.

“Elke dag was ’n toertjie-dag. Dit was uitdagend,” het Charlize vir MTV gesê.

Kyk die uittreksel hier:

In die nuwe The Fast and the Furious gaan Charlize se karakter glo moeilikheid veroorsaak, berig Daily Mail. Ons kan nie wag om haar in aksie te sien nie!

Lees nou

Michael Bublé kry stem-operasie

90’s-nostalgie: Onthou jy dié kuif?

Die mode-dilemmas wat niemand wil erken nie

The post Charlize Theron – vinnig en vreesloos appeared first on SARIE.

Dié celebs se foto’s breek die internet!

$
0
0

Die oomblik waarvoor die twee musiekreuse se aanhangers al só lank wag, is hier. Mariah Carey en Beyoncé het uiteindelik saam ’n foto geneem en die internet het natuurlik byna ineengestort!

A photo posted by Mariah Carey (@mariahcarey) on

Mariah het onlangs dié foto op haar sosiale media gelaai en Beyoncé bedank dat sy haar Kerskonsert, “All I want for Christmas“, bygewoon het. Kyk net hoe oulik kruip Beyoncé se dogter, Blue Ivy, weg agter die waaier.

A photo posted by Mariah Carey (@mariahcarey) on

Die foto is geneem toe Beyoncé onlangs Mariah se Kerskonsert bygewoon het. Dit is geen geheim dat Mariah ’n groot aanhanger is van die Single Ladies-sanger nie en die besoek was vir seker ’n lekker Kersgeskenk.

Maar dit is nie al celebs wat onlangs saam op ’n foto verskyn het nie. Die akteurs Ryan Reynolds en Ryan Gosling het baie gemeen: Nie net het hulle dieselfde naam nie, maar albei is  akteurs, al twee is van Kanada en boonop is hulle van Hollywood se aantreklikste mans.

A photo posted by redbookmag (@redbookmag) on

Die twee is onlangs op ’n foto vasgevang by die Critics’ Choice Awards en die wêreld oor is mense dankbaar vir dié oomblik!

Lees nou

Kyk ADAM en Jacaranda FM se Kersfees-musiekvideo hier!

Ag nee, Natalie Portman, wáárom?

Kyk die TV-sterre se mooiste troue!

The post Dié celebs se foto’s breek die internet! appeared first on SARIE.

Meryl Streep het al hoeveel Golden Globes?!

$
0
0

Gister het een van die wêreld se geliefdste aktrises, Meryl Streep, ’n Golden Globe-benoeming vir haar rol in Florence Foster Jenkins ontvang. Maar soos ons almal weet, is dit nie haar eerste benoeming nie. Inteendeel, sy het met dié benoeming ’n Hollywood-rekord laat spat!

Meryl is benoem in die kategorie beste aktrise in ’n komedie/musiekblyspel. Dit sal ’n ekstra toekenning wees, aangesien sy reeds die Cecil B. DeMille-prys vir haar loopbaanprestasies gaan ontvang.

Dis Meryl se 30ste benoeming en sy het al agt keer met die Golden Globe-aardbol huis toe gestap: Kramer vs. Kramer (1980), The French Lieutenant’s Woman (1982), Sophie’s Choice (1983), Adaptation (2003), Angels in America (2004), The Devil Wears Prada (2007), Julie & Julia (2010) en The Iron Lady (2012).

Meryl Streep FOTO Bryan Crowe / ©A.M.P.A.S.

Meryl Streep
FOTO Bryan Crowe / ©A.M.P.A.S.

Jy kan hier na die hele lys van benoemings kyk. Twee van die grootste skokke is Ryan Reynolds (Deadpool) en Hugh Grant – vir sy rol teenoor Meryl Streep in Florence Foster Jenkins – se benoemings as beste akteur.

Lees nou

Die Hollywood-paartjies is vir jare saam

Ag nee, Natalie Portman, wáárom?

Kyk die TV-sterre se mooiste troue!

The post Meryl Streep het al hoeveel Golden Globes?! appeared first on SARIE.

Jy sal nie glo wat dié Kardashian vir Kersfees gekry het nie!

$
0
0

Blac Chyna kon nie tot Kersfees wag om haar verloofde, Rob Kardashian, se geskenk te gee nie – en ons kan sien hoekom! Die nuwe ma van Dream Renee Kardashian het Rob bederf met ’n splinternuwe motor. Ons is seker Rob gee nie om dat Kersfees dié jaar ’n bietjie vroeër gekom het nie.

Kyk Rob se reaksie op die geskenk hier:

Nog ’n Kardashian is gebore!

Lees nou

Dié celebs se foto’s breek die internet!

Kyk ADAM en Jacaranda FM se Kersfees-musiekvideo hier!

Kyk die TV-sterre se mooiste troue!

The post Jy sal nie glo wat dié Kardashian vir Kersfees gekry het nie! appeared first on SARIE.

Kyk hoe lyk Mr. Bean se dogter!

$
0
0

Met sy teddiebeer en sy bruin pak het Mr. Bean ons al laat huil van die lag. Wie kan vergeet hoe hy in 2012 tydens die opening van die Olimpiese Spele in Londen kykers vermaak het? Of sy scenario met die goudvis? Ja, Rowan Atkinson is talentvol en het gesorg vir vele skreeusnaakse oomblikke.

Het jy geweet? Rowan Atkinson het in 1975 ’n meestersgraad in elektriese ingenieurwese by The Queen’s College in Oxford, Engeland, verwerf.

Verlede jaar het Rowan en sy vrou, Sunetra Sastry, ná ’n huwelik van 25 jaar geskei. Die paartjie het twee kinders, Ben en Lily.

Dis veral sy doger, Lily, wat die koppe laat draai. Dié 21-jarige is beeldskoon en wil, nes haar pa, in die vermaaklikheidsbedryf wees.

Kyk net hoe pragtig is sy:

Out out

A photo posted by Lily Atkinson (@lilyatk) on

 

Ow

 

A photo posted by Lily Atkinson (@lilyatk) on

 

An awesome holiday @oayton

 

A photo posted by Lily Atkinson (@lilyatk) on

Wow!

via GIPHY

Lees nou

Jy sal nie glo wat dié Kardashian vir Kersfees gekry het nie!

Die beste raad vir jou Desember-foto’s!

Wow! Ons weet nie waar om te kyk nie, Kim …

The post Kyk hoe lyk Mr. Bean se dogter! appeared first on SARIE.

Skok: Bekende se rooitapyt-rok is uit ’n kettingwinkel

$
0
0

Ons kon dit ook nie glo nie, maar ’n paar bronne bevestig dit: Die rok wat aktrise Bryce Dallas Howard by die Critics’ Choice Awards gedra het, kom uit ’n gewone kettingwinkel en nie van ’n ontwerpershuis nie.

Jy lees reg!

via GIPHY

Bryce het ongelooflik gelyk in ’n rok van die Britse kettingwinkelgroep Topshop. Die uitrusting het haar ongeveer R3 300 ($240) uit die sak gejaag. Jessica Biel, Lily Collins en Kerry Washington se rokke was van Elie Saab en só ’n rok kan enigiets vanaf R50 000 tot selfs meer as R100 000 kos.

Wat dink jy van haar keuse?

Bronne:
www.hellogiggles.com
www.nzherald.co.nz

Lees nou

Wow! Ons weet nie waar om te kyk nie, Kim …

Ag nee, Natalie Portman, wáárom?

Ontwerp self jou eie unieke skoene

The post Skok: Bekende se rooitapyt-rok is uit ’n kettingwinkel appeared first on SARIE.

Kyk! Barack Obama se laaste Kerskaartjie as president

$
0
0

Wêreld, hou jou sneesdoekies reg – die Obamas het hul laaste Kerskaartjie as inwoners van die Withuis uitgestuur.

via GIPHY

Ons besef elke dag meer en meer dat president Barack Obama, sy vrou, Michelle, en hul dogters, Malia en Sasha, en hul honde, Bo en Sunny, een of ander tyd die Withuis moet verlaat. Maar niks is meer finaal as dié kaartjie nie. Kyk net hoe mooi lyk hulle!

Kry jy ook nie genoeg van die Obamas nie? Ons ook nie! Kyk Michelle Obama se Carpool Karaoke hier:

Lees nou

Jy sal nie glo wat dié Kardashian vir Kersfees gekry het nie!

Dié celebs se foto’s breek die internet!

Kyk wat is die gewildste video onder Suid-Afrikaners op YouTube!

The post Kyk! Barack Obama se laaste Kerskaartjie as president appeared first on SARIE.


VIDEO: Bruno Mars se Carpool Karaoke

$
0
0

Nog ’n week, nog ’n Carpool Karaoke! En ons kon nie wag vir dié gewilde insetsel op The Late Late Show with James Corden  (beskikbaar op ShowMax) nie. Carpool Karaoke begin gewoonlik met James wat werk toe ry terwyl hy aan die verdwaal is. En dié keer help niemand anders hom as die sanger en Grammy-wenner Bruno Mars hom nie.

Kyk die video hier!

Lees nou

Kyk hoe lyk Mr. Bean se dogter!

Dié celebs se foto’s breek die internet!

Kyk ADAM en Jacaranda FM se Kersfees-musiekvideo hier!

The post VIDEO: Bruno Mars se Carpool Karaoke appeared first on SARIE.

Hildegardt Whites ontmoet die stroopsoet stemme van Vanrhynsdorp

$
0
0

Hilde se hartsklanke volg Hildegardt Whites soos sy haar eerste album opneem. Sy besoek 13 dorpies langs die Weskus en in die Noord-Kaap waar haar wortels lê en vind plaaslike musikante om haar te help om haar hartsklanke in 30 dae op te neem.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Hilde se vierde stop is Vanrhynsdorp, waar sy ’n jaar lank skoolgegaan het.

“Hier het ek grootgeword. Dit is waar ek vrou geword het. By elkeen van die plekke waar ons gaan, is daar ’n ietsie van my,” vertel Hilde. “Ek is opgewonde om julle voor te stel aan my mense.”

Hilde se naaste familie kom van Vanrhynsdorp af. Haar oom het hier gebly, en hoewel hy einde 2015 oorlede is, was hy ’n bekende man in die gemeenskap. Hy was ook baie lief vir musiek en het die baskitaar en trekklavier gespeel. Hilde vertel hy het haar altyd aangemoedig om te sing en haar talente uit te leef.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

“Die wonderlike herinneringe van ons as familie is steeds hier,” sê sy oor dié spesiale dorpie langs die Weskus. “Ons sal nooit vergeet waar ons vandaan kom nie.”

Hilde en die span kuier ook by die Letsatsi Lodge buite die dorp. Dis ’n gunsteling-plek vir besoekers sowel plaaslike inwoners om middagete, koek of ’n goeie koppie koffie te geniet. Dit was ’n ou Rooms-Katolieke sendingstasie en die vervalle kerkie gaan binnekort ’n venue vir troues wees, so kyk uit daarvoor!

Die liedjie wat Hilde in Vanrhynsdorp opneem, is “Drink ’n bietjie water”. Sy neem dit op saam met Joyfull Noise, ’n koor op die dorp wat meestal uit jongmense bestaan. Hulle is meesters in ritmiese liedjies en hulle klap, stamp en kliek saam om die liedjie ’n organiese ritme te gee.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Om die volle musiekvideo te sien en Joyfull Noise beter te leer ken, gaan na Afrikaans.com. Hou jou oë oop vir die pragtige blikkitaar wat Kobus, Hilde se man, speel!

 

Om die volle musiekvideo te sien en vir Mary en Alfred beter te leer ken, gaan na Afrikaans.com.

Nuwe episodes van Hilde se hartsklanke wys elke Woensdag om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) en herhaal dan weer Saterdagaande om 21:00 en Sondagoggende om 09:00.

Lees nou

7de Laan se Hildegardt deel groot nuus

Hildegardt Whites en Vredendal se plaaslike blikslaner

MUSIEKVIDEO: Hildegardt Whites ontmoet die nagtegaal van die Weskus

The post Hildegardt Whites ontmoet die stroopsoet stemme van Vanrhynsdorp appeared first on SARIE.

One Directioner se TV-debuut as solo-sanger!

$
0
0

Dis die eerste keer dat die voormalige One Direction-lid Niall Horan alleen op een van die grootste programme in die VSA optree, en “he Nailed it”!

Jimmy Fallon het hom aangekondig as die sanger wie se enkelsnit binne 24 uur van uitreiking in 60 lande nommer 1 geword het. Dit was die eerste keer dat hy alleen op een van die laatnag-televisieprogramme verskyn, so dié aand was vir hom ’n grote .

One Direction is tans op ’n hiatus, maar niemand weet of en wanneer hulle wel weer bymekaar gaan kom nie. Die belofte aan aanhangers was ’n breuk van 18 maande, berig Mirror, dus kan jy teen Januarie/Februarie 2018 ’n antwoord verwag.

Kyk die video van hier

Ellie Goulding en Shawn Mendes is saam met Niall op toer. Ellie en Niall het al albei foto’s gedeel waar hulle saam lag en die verhoog deel, so die wêreld is nuuskierig om te sien of dié twee, wat in 2014 ’n paartjie was, weer gaan bymekaarkom.

Mail Online berig egter dat hy die model Jessica Serfaty sien en dat Ellie uitgaan met die fiksheidsinstrukteur en vriend van die Beckhams, Bobby Rich.

Intussen hou ons hul toer dop. Ons keur beslis hierdie verhouding goed!

Lees nou

VIDEO: Bruno Mars se Carpool Karaoke

Die fiksheidskenner sê: Hou só ’n gesonde Kersfees!

Gareth Cliff + Omstredenheid = Shock Jock

The post One Directioner se TV-debuut as solo-sanger! appeared first on SARIE.

Bekendes: “Dié jaar gaan dit anders wees”

$
0
0

Dit is kort voor Kersfees en vir dié drie gesinne gaan dit vanjaar anders wees. Elkeen van hulle is ʼn baba ryker.

In die huishouding van Zetske van Pletzen en Altus Theart is daar nou ʼn seuntjie, Alexander. Desiré en Chris Gardner het vir klein James ʼn sussie, Robin, gegee. Sorina Erasmus en Braam Riekert is ook ʼn tweede kind ryker. Klein Braambossie het nou ’n babasus, Miana, met wie hy in die toekoms lekker kan speel. Ongeag of dit nou ’n tuisbly-Kersfees of ’n seevakansie gaan wees, een ding is seker: Vir dié gesinne is dit familietyd.

SARIE.com het gaan hoor hoe hulle vanjaar Kersfees vier.

Zetske van Pletzen vertel:

Waar hou julle vanjaar Kersfees?
In Lambertsbaai aan die Weskus.

Hoekom?
Verlede jaar was ons by die huis vir Kersfees, maar vanjaar gaan ons saam met Altus se familie weg.

Vier julle dit tradisioneel, of wil julle iets meer modern doen?
Hoewel Alexander die eerste kleinkind is in my familie, is hy die vyfde een in Altus s’n. Met al die kinders daar gaan ons ’n tradisionele Kersfees hou.

Happiness is… #cuddle #baby #sleep #bestplaceintheworld #toomuchlove

A photo posted by Zetske van Pletzen (@zetskevpletzen) on

Dink jy dit is waar dat kinders juis die ‘magic’ in Kersfees bring?
Ek dink beslis kinders maak Kersfees baie spesiaal. Alle kinders hou van Kersfees en dis lekker vir die ouers om dit deur die kinders se oë te beleef. Dis ook ’n goeie geleentheid om kinders te leer van die belangrikheid van familie en om dankbaar te wees.

FOTO Of the Earth Photography

FOTO Of the Earth Photography

Wanneer deel julle geskenke uit, Oukersaand of Kersdag?
Oukersaand.

Wie speel Kersvader in jul gesin?
Niemand in hierdie stadium nie. My broer het reeds gesê hy sal Kersvader speel wanneer Alexander bietjie ouer is.

Wat gaan julle eet?
Vra my skoonma. Haha! Ek is nie dié jaar in beheer van die kos nie.

FOTO Of the Earth Photography

FOTO Of the Earth Photography

Lees môre wat die Suidooster se Desiré Gardner en haar gesin vir Kersfees gaan doen.

Lees nou

Moenie strand toe gaan sonder hierdie wenke nie!

One Directioner se TV-debuut as solo-sanger!

The post Bekendes: “Dié jaar gaan dit anders wees” appeared first on SARIE.

Desiré se planne vir Kersfees

$
0
0

Dit is kort voor Kersfees en vir dié drie gesinne gaan dit vanjaar anders wees. Elkeen van hulle is ʼn baba ryker.

In die huishouding van Zetske van Pletzen en Altus Theart is daar nou ʼn seuntjie, Alexander. Desiré en Chris Gardner het vir klein James ʼn sussie, Robin, gegee. Sorina Erasmus en Braam Riekert is ook ʼn tweede kind ryker. Klein Braambossie het nou ’n babasus, Miana, met wie hy in die toekoms lekker kan speel. Ongeag of dit nou ’n tuisbly-Kersfees of ’n seevakansie gaan wees, een ding is seker: Vir dié gesinne is dit familietyd.

Gister het die aktrise Zetske van Pletzen vertel van klein Alexander se eerste Kersfees wat langs die Weskus gehou gaan word. Lees meer hier.

Vandag deel Suidooster se Desiré Gardner haar Kersfeesplanne. Sy en haar man, Chris, en eersteling, James, het vanjaar ’n nuweling in hul gesin verwelkom: ’n dogtertjie, Robin.

Desire 2

FOTO Verskaf

Waar hou julle vanjaar Kersfees?

Ons gaan oudergewoonte na my ouers se huis naby Mosselbaai. My sussies, boetie, swaer, skoonsus en susterskinders gaan ook almal daar wees van Johannesburg af. Ek sien so daarna uit om hulle almal weer te sien. Ek gaan ook vir die eerste keer my boetie se seuntjie, wat in September gebore is, ontmoet. Ek dink hy en Robin gaan lekker speel … of dalk net lê en vir mekaar loer! Ons familie is baie erg oor Kersfees en om dit saam in liefde met mekaar te geniet. Ons gaan ook die aand van 24 Desember gewoonlik kerk toe vir Carols by Candelight om ons te herinner aan die werklike rede vir Kersfees. Ons eet dan die aand die lekker Kersete en maak teen middernag presente oop.

Vier julle dit tradisioneel of wil julle iets meer moderns doen?

So bietjie van albei. Ons het ons eie tradisies, soos kerk toe gaan en presente oopmaak, maar ons het ook die meer hedendaagse dinge ingebring soos Secret Santa – dat elke persoon nie 101 presente hoef te koop nie. Dinge soos Kersbome word ook soms meer gemoderniseer. In die plek van die groot, groen boom sit my ma soms net ’n geverfde wit tak in ’n pot met presente onder, en liggies om die tak. Ek word weer soos ’n kind oor die Kerstyd en ek geniet dit om daardie opgewondenheid met my kinders te deel.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Dink jy dit is waar dat kinders juis die ‘magic’ in Kersfees bring?

Beslis. James en Robin bring die magic in alles in. Selfs die mees gewone dinge in die lewe het skielik meer magic net omdat ek dit met hulle kan deel. Ek sien vreeslik uit na Robin se eerste Kersfees. Ook omdat dit die eerste keer sal wees wat James, as ouboet, vir sy klein sussie ietsie kan koop en dit vir haar spesiaal kan maak. Natuurlik om te sien hoe James al die aandjies van middel November af aftel vir Kersvader wat kom, maak die kind in my nog meer wakker.

Wanneer deel julle geskenke uit, Oukersaand of Kersdag?

Oukersaand om middernag. Bygesê, die kinders begin al so teen nege-uur moan, daarom het ons die twaalfuur bietjie vroeër gemaak vir hulle onthalwe.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Gaan julle vir die baba ʼn geskenk koop? 

Beslis. Sy moet ’n ou ietsie “oopmaak”. Al is dit net vir ons plesier. Robin is nou 5 maande oud, so sy begin al agterkom as mens opgewonde of gelukkig is. Ek’s seker ons sal ’n glimlaggie of drie uit haar kry.

Wie speel Kersvader in jul gesin?

Omtrent elke jaar iemand anders. My pa, die meeste van die tyd, maar al die ander manne (en selfs een van my sussies, haha) het al ’n kans gehad. Wie weet, dalk klim ek nog hierdie jaar in die rooi pak.

Wat gaan julle eet?

Alles en nog bietjie meer. Ons bly nogal by die tradisionele kosse op Oukersaand, die vleise en slaaie met vrugtekoek en room ná die tyd. En dan kouevleis op Kersdag self. My pa probeer wel iewers ’n braaivleisie ook inwerk.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Lees môre wat die Sorina ‘Flooze’ Erasmus en haar gesin vir Kersfees gaan doen.

Lees nou

Stoutseun Ryan Lochte word pa

Bekendes: “Dié jaar gaan dit anders wees”

Moenie strand toe gaan sonder dié wenke nie!

The post Desiré se planne vir Kersfees appeared first on SARIE.

Viewing all 1931 articles
Browse latest View live