Quantcast
Channel: Het jy gehoor? – SARIE
Viewing all 1931 articles
Browse latest View live

Nóg een vir mooie Minki!

$
0
0

Vir die afgelope paar maande het Minki van der Westhuizen harte verower as die nuwe aanbieder van kykNET se realiteitsreeks Boer soek ’n vrou. Kykers is gek na haar. Met haar natuurlike sjarme en kristalhelder lag het sy boere en die vroue op hul gemak gestel – soos net Minki kan! Nou het sy ’n nuwe avontuur wat vir haar in 2017 wag: Nóg ’n aanbiedersrol! En dié keer is dit as veldaanbieder vir die kykNET-joernaalprogram Kwêla.

Maar kykers hoef nie bekommerd te wees nie, Minki sal steeds boere in Suid-Afrika help om liefde te vind.

Wil jy Minki se look op Boer soek ’n vrou kry? Lees meer hier.

Vir Minki is dit ’n voorreg om deel van die Kwêla-familie te wees.

“Ek is ongelooflik opgewonde om weer by ’n joernaalprogram aan te sluit en boonop is Kwêla een van my gunsteling-programme,” het Minki in ’n amptelike persverklaring gesê.

Kwêla is ’n program wat fokus op gewone mense wat ongewone of inspirerende dinge doen en ek sien regtig uit daarna om met my onderhoude self deur sulke interessante mense geïnspireer te word.”

Hannes van Wyk, wat al vir ’n geruime tyd op die legendariese Kwêla-bank sit, sien uit om vir Minki as deel van hul span te hê.

“Minki is nie net beeldskoon van buite nie, maar ook van binne. Sy stel regtig belang in mense, daarom dink ek sy sal perfek wees as veldaanbieder van Kwêla. Daar is ’n diepte en omgee aan haar, wat haar die perfekte keuse gaan maak.”

Minki sal volgende jaar op 25 Januarie haar eerste verskyning maak. Intussen sal sy die feestyd saam met haar man, Ernst, en haar dogtertjies, Katerien en Elise, vier.

Kyk net hoe oulik is hul gesin:

Cape Wheel fun #elisehartjie #holidaymode Sunglasses by @sunglasshut #prada

A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Swem by die Brinkies #sundays #summerloving #elisehartjie #katerienlief

A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Summer ready #elisehartjie

A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Lekkerste ding #jerkarlwedding #onlylove

A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Vroeër vanjaar, met die verfilming van Boer soek ’n vrou, het Minki vertel hoe baie sy haar dogterjies se soentjies en drukkies gemis het. Maar gelukkig het manlief, Ernst, haar ondersteun. Katerien en Elise is mal oor hom. “Hy kan als doen wat ek doen. Van doek omruil tot trane afvee. Hy doen dit selfs beter as ek.”

Lees nou

Minki en Victoria’s Secret-model het dít gemeen

Minki verlang na kleintjies se drukkies

Minki se look vir ‘Boer soek ’n vrou’

The post Nóg een vir mooie Minki! appeared first on SARIE.


Sjoe, Lady Gaga sal jou laat huil

$
0
0

Hy was die liefde van haar lewe. Maar ná vyf jaar saam en ’n verlowing het Lady Gaga en die akteur Taylor Kinney se paadjies in Junie geskei. En dit lyk of sy steeds gebroke is oor hom.

Haar treffer “Million Reasons” is glo vir Taylor geskryf.

“Jy het my ’n miljoen redes gegee om weg te stap. Maar ek het net een goeie rede nodig om te bly …” weergalm Lady Gaga se gestroopte stem oor die eenvoudige klanke van ’n klavier en akoestiese kitaar.

Sy het gister haar musiekvideo vir “Million Reasons” uitgereik. In die video huil sy op die grond en haar span probeer haar troos. Sy’s te sien in dieselfde uitrusting as dié waarin sy die musiekvideo “Perfect Illusion” geskiet het.

SKERMGREEP Youtube

SKERMGREEP Youtube

Screen Shot 2016-12-15 at 11.36.22 AM

SKERMGREEP Youtube

SKERMGREEP Youtube

SKERMGREEP Youtube

SKERMGREEP Youtube

SKERMGREEP Youtube

SKERMGREEP Youtube

SKERMGREEP Youtube

SKERMGREEP Youtube

SKERMGREEP Youtube

SKERMGREEP Youtube

Kyk die roerende musiekvideo hier.

Lady Gaga het die hartseer nuus in Julie op sosiale media gedeel. “Ek en Taylor het nog altyd geglo dat ons sielsgenote is … Ons vat ’n blaaskans. Bly hoop vir ons. Ons is soos alle ander mense en is regtig lief vir mekaar.”

In ’n onderhoud met CBS News het sy die volgende oor liefde gesê:

“Ek dink vroue het baie innig lief. Ons is lief vir mans. Ons het lief met als wat ons het. En soms weet ek nie of daardie liefde beantwoord word met die soort waardigheid waarop ons hoop dit sal beantwoord word nie. Jy weet, ons probeer jou nie minder van ’n man maak nie. Ons wil net hê jy moet ons so diep en heelhartig en volledig liefhê soos wat ons jou liefhet.”

Die meeste van ons kan werklik verstaan waardeur sy gaan.

Lees nou

Desiré se planne vir Kersfees

Stoutseun Ryan Lochte word pa

Dié liedjies is die meeste gegoogle

The post Sjoe, Lady Gaga sal jou laat huil appeared first on SARIE.

Amor speel feeks in Doringrosie

$
0
0

Sy gaan dans, sing en toneelspeel – dié keer in die Afrikaanse musiekblyspel Doringrosie.

Amor Vittone praat met SARIE tydens haar vakansie by die see (sy verklap nie waar sy is nie). “Ek moet net wegkom van alles en rus.”

FOTO Facebook / Amor Vittone

FOTO Facebook / Amor Vittone

FOTO Facebook / Amor Vittone

FOTO Facebook / Amor Vittone

Sy kan nie wag om te begin voorberei vir dié musiekblyspel nie. Dans, teater en toneelspel – sy hou van al drie.

“Maar dit gaan nie speletjies wees nie. Ek gaan sommige dae van 8 tot 10 oefen. Gelukkig het my ouers aangebied om te help met die kinders, Kylie (10) en Jordan (13).”

Sy moes voorberei vir dié rol terwyl sy ook die rol van Zelda in die SABC2-sepie 7de Laan gespeel het. “Hulle het vir my die woorde gestuur, wat ek moes leer.” Toe gaan staan sy maar met al die ander hoopvolles in ’n ry en lê die oudisie af. En die dag daarna het sy gehoor.

Amor sal die rol speel van die feeks Bella Donna, ’n tipe Maleficent-karakter.

Hulle begin in Maart met kleedrepetisies en in Mei sal dit waarskynlik in Caesars Palace in Gauteng opgevoer word. “Ek is mal oor die kostuums. Bella Donna het so ’n lang nek en horings wat uit haar hooftooisel groei. As ek eers in die kostuum inklim, gaan dit my nóg meer help om in die karakters in te kom.”

Charlize Berg vertolk die rol van Doringrosie.

“Ek het al in Amerikaanse produksies soos West Side Story en Streets of Gold met Amerikaanse regisseurs en choreograwe saamgewerk, maar ek hou daarvan om in Afrikaans toneel te speel. Mense dink verkeerdelik dit is nie my moedertaal nie.’’

Sy het ’n Italiaanse pa en Afrikaanse ma, was hoofmeisie op haar Afrikaanse en Engelse hoërskool en het ’n honneursgraad in kommunikasiekunde en bemarking (in Afrikaans) aan die (destydse) Randse Afrikaanse Universiteit (nou die Universiteit van Johannesburg) verwerf.

“Ek hou van enige passievolle taal, soos Afrikaans – ook Italiaans. My kinders is bloot in Engelse skole omdat Jordan ’n kogleêre-inplanting het. Ons het op drie uitgevind hy is gehoorgestremd en hy was toe in ’n Engelse skool. Ons is aangeraai om hom nie te verwar en in ’n Afrikaanse skool te plaas nie. Engels is ’n wêreldtaal.”

Oor die opvoering sê sy: “Dit gaan my poegaai maak, maar fiks hou. Ons doen nege optredes per week. Een elke aand, Saterdae drie en Sondae twee. Lewende optredes is my kos, dit is fun, maar jy moet baie goed voorbereid wees. Iets kan altyd verkeerd gaan – en dan moet jy kan aanpas.”

As enkelma hardloop sy baie rond. “Ek wil nie ’n au pair hê nie. Ek speel taxi vir my kinders, ry hulle aan na hul perdrylesse, sokker… Joost gaan saam waarheen hy kan, maar hy moet deesdae baie lê. Tog is ek nie negatief nie, ek beplan vir die toekoms. Ek glo alles gebeur met ’n doel. Wat help dit om jou te bekommer oor die toekoms? Terwyl ons praat, kyk ek na die pragtige sonsonderkoms, na ’n boot op die see … ek gaan dié oomblik nooit weer beleef nie. Dit is kosbaar. Ek waardeer wat ek het en besef dan hoe ek soveel meer terugkry in die lewe.’’

In 2011 was Amor die voorbladster van ons Julie-uitgawe.

SARIE JULY2011 Cover

sr1107coverbinne (1)gold

Amor in 2011 vir SARIE se Julie-uitgawe FOTO Leana Clunies-Ross

sr1107coverbinne (2)

Amor in 2011 vir SARIE se Julie-uitgawe FOTO Leana Clunies-Ross

sr1107coverbinne (3)

Amor in 2011 vir SARIE se Julie-uitgawe FOTO Leana Clunies-Ross

sr1107coverbinne (4)

Amor in 2011 vir SARIE se Julie-uitgawe FOTO Leana Clunies-Ross

sr1107coverbinne

Amor in 2011 vir SARIE se Julie-uitgawe FOTO Leana Clunies-Ross

Lees nou

Wat! Is dit die nuwe Beckingham-paleis?

Nóg een vir mooie Minki!

Desiré se planne vir Kersfees

The post Amor speel feeks in Doringrosie appeared first on SARIE.

FOTO: Die oulikste Kersvader nóg!

$
0
0

Dis byna Kersfees – kan jy dit glo! Die Hollywood-paartjie Chrissy Teigen en John Legend se dogter, Luna, het onlangs vir Kersvader gaan besoek. Soos altyd was dit skattig.

Kyk net hoe oulik is die foto wat Chrissy op sosiale media gelaai het van Luna wat op die Kersvader se skoot sit. Selfs John was daar … soort van.

John was in Parys, daarom kon hy ongelukkig nie teenwoordig wees vir die oulike uitstappie nie, berig People. Chrissy se vriendin het ’n kartonbord met ’n foto van John saamgeneem om hom ook deel van dié dierbare oomblik te maak.

Maar Luna is nie al kleuter wat die feestyd geniet nie. Die 3 jaar en 7 maande oue Willem “Boeta” Minnaar is beslis die oulikste Kersvader van 2016. En dit lyk of hy gereed vir Kersfees is.

Wat anderste kan jy doen as om net te glimlag?

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Klik HIER om meer oor klein Willem te lees.

Lees nou

Stoutseun Ryan Lochte word pa

Kyk! Barack Obama se laaste Kerskaartjie as president

VIDEO: Bruno Mars se Carpool Karaoke

The post FOTO: Die oulikste Kersvader nóg! appeared first on SARIE.

Xtina se geskiedkundige partytjie

$
0
0

Die afgelope naweek het die Amerikaanse sangeres Christina Aguilera ’n verjaardagpartytjie gehou – soos net Hollywood kan!

Met ’n pienk pruik het sy gelyk soos Marie Antoinette wat by ’n Kerspartytjie opdaag. En daar was selfs ’n Kardashian-lid, Kylie Jenner, by haar partytjie.

Wat dink jy van dié partytjie?

Kyk net die kiekies wat sy op sosiale media gedeel het:

A photo posted by Christina Aguilera (@xtina) on

A photo posted by Christina Aguilera (@xtina) on

@iam_alisanporter @jackieleemusic

A photo posted by Christina Aguilera (@xtina) on

Bday love @priscillavalles

A photo posted by Christina Aguilera (@xtina) on

Bday kisses @kyliejenner

A photo posted by Christina Aguilera (@xtina) on

Merry XXXmas baby!

A photo posted by Christina Aguilera (@xtina) on

Get ready to party kiddies!

A photo posted by Christina Aguilera (@xtina) on

Lees nou

FOTO: Die oulikste Kersvader nóg!

Amor speel feeks in Doringrosie

Sjoe, Lady Gaga sal jou laat huil

The post Xtina se geskiedkundige partytjie appeared first on SARIE.

Ryan Reynolds en Blake Lively wys hul kinders

$
0
0

Die Hollywood-paartjie Blake Lively en Ryan Reynolds is bekend vir hul privaatheid – veral as dit by hul kinders kom. Maar gister het dié gesin hul eerste openbare verskyning gemaak. Soos ons verwag het, is die kinders te skattig!

Ryan het sy ster op die Hollywood Walk of Fame ontvang. En die pragtige Blake, in blou, was saam met hul twee dogtertjies daar om hom te ondersteun.

Hul oudste, James, het die kollig letterlik gesteel toe sy ’n mikrofoon gryp en geselsies maak. Hul jongste, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, het soet in haar ouers se arms geslaap.

Kyk net die dierbare foto’s:

Ryan het in sy toespraak sy vroulief, Blake, bedank.

“Ek wil my vrou, Blake, wat net hier langs my sit, bedank. Sy is als vir my. Jy is die beste ding wat ooit met my kon gebeur het. Jy maak net als beter. Jy maak als in my lewe beter. Jy’t my twee ongelooflike kinders gegee …”

Die paartjie is in 2012 getroud.

Lees nou

Jou huis – wat jy moet weet voor jy weggaan vir die vakansie

Lief vir kaaskrulle? Jy kry nou kaaskrul-grimering!

FOTO: Die oulikste Kersvader nóg!

The post Ryan Reynolds en Blake Lively wys hul kinders appeared first on SARIE.

Sorina se Braambossie al singend dié Kersfees

$
0
0

Dit is kort voor Kersfees en vir dié drie gesinne gaan dit vanjaar anders wees. Elkeen van hulle is ʼn baba ryker.

In die huishouding van Zetske van Pletzen en Altus Theart is daar nou ʼn seuntjie, Alexander. Desiré en Chris Gardner het vir klein James ʼn sussie, Robin, gegee. Sorina Erasmus en Braam Riekert is ook ʼn tweede kind ryker. Klein Braambossie het nou ’n babasus, Miana, met wie hy in die toekoms lekker kan speel. Ongeag of dit nou ’n tuisbly-Kersfees of ’n seevakansie gaan wees, een ding is seker: Vir dié gesinne is dit familietyd.

Dinsdag het die aktrise Zetske van Pletzen vertel van klein Alexander se eerste Kersfees wat langs die Weskus gehou gaan word. Lees meer hier.

Gister het Suidooster se Desiré Gardner haar Kersfeesplanne gedeel. Sy en haar man, Chris, en eersteling, James, het vanjaar ’n nuweling in hul gesin verwelkom: ’n dogtertjie, Robin. Lees meer hier.

Vandag deel die aktrise, sanger en aanbieder Sorina ‘Flooze’ Erasmus haar gesin se Kersfeesplanne!

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Waar hou julle hierdie jaar Kersfees?

By my ouers in Pretoria 

Hoekom? 

Ons wissel elke jaar tussen my ouers en manlief se ouers en vanjaar vier ons Kersfees saam met my ouers, broer en sy gesin. Ek sien daarna uit om al my hart se mense bymekaar te hê, sonder enige formaliteite of fieterjasies. 

Vier julle dit tradisioneel of wil julle iets meer moderns hou?

Ons is maar tradisionele mense wat daarvan hou om dinge nie te kompliseer nie, daarom bly ons tradisies elke jaar dieselfde. Ons gaan kerk toe en dan kom almal bymekaar om geskenke uit te deel en fees te vier.

FOTO Denielle Janse van Rensburg / Photos by :: Denielle

FOTO Denielle Janse van Rensburg / Photos by :: Denielle

Dink jy dit is waar dat kinders juis die ‘magic’ in Kersfees bring? 

Hulle het ’n groot aandeel in die opwinding wat met Kersfees gepaardgaan. Met ’n seuntjie van 2 en ’n  half wat mal is oor sing, hoor ons elke dag ’n mengelmoes tussen “Jingle Bells” en “Stille Nag”. 

Wanneer deel julle geskenke uit, Oukersaand of Kersdag?

Voor die kinders daar was, het ons dit altyd Oukersaand gedoen. Maar Klaas Vakie het intussen die oorhand gekry en deesdae, vanjaar ook, doen ons dit op Kersdag wanneer hulle op en wakker is. 

Gaan julle vir die baba ʼn geskenk koop?

Beslis! Dit is immers haar eerste Kersfees.

Wie speel Kersvader in jul gesin?

Pappa Braam sal moet wegglip om te verander in die langbaard-omie in rooi. 

Wat gaan julle eet?

’n Kombinasie tussen my twee gunstelinge, naamlik braaivleis en boere-kookkos. 

Lees nou

Ryan Reynolds en Blake Lively wys hul kinders

Lief vir kaaskrulle? Jy kry nou kaaskrul-grimering!

FOTO: Die oulikste Kersvader nóg!

The post Sorina se Braambossie al singend dié Kersfees appeared first on SARIE.

1D se Harry Styles in dramatiese lokprent

$
0
0

Hy het sy lang lokke afgesny vir ’n Tweede Wêreldoorlog-rolprent van die regisseur Christopher Nolan. En dit lyk of die One Directioner Harry Styles talle dramatiese tonele moes uitvoer.

In die rolprent Dunkirk speel hy teenoor groot name soos Tom Hardy, Cillian Murphy en Kenneth Branagh.

SKERMGREEP Youtube

SKERMGREEP Youtube

SKERMGREEP Youtube

SKERMGREEP Youtube

Die fliek begin in 2017 draai, maar die amptelike lokprent is pas uitgereik. In een toneel kan jy sien hoe Harry onder die water skree.

Christopher was glo só beïndruk met Harry se spel dat hy vir hom meer speeltyd gegee het, berig The Mirror.

FOTO Instagram / @onedirection

FOTO Instagram / @onedirection

Kyk die lokprent hier:

WAARSKUWING: Dit bevat tonele wat sensitiewe kykers kan ontstel.

Lees nou

Taylor Swift se lippe meeste gesmag

Sorina se Braambossie al singend dié Kersfees

Ryan Reynolds en Blake Lively wys hul kinders

The post 1D se Harry Styles in dramatiese lokprent appeared first on SARIE.


Lea Michele se nuwe hare laat koppe draai

$
0
0

Niks sê vakansie soos ’n splinternuwe haarstyl nie. Of jy nou reeds by jou bestemming is of in Jan Tuisbly se karretjie ry – nuwe hare kan ’n ekstra huppel in jou stappie gee. Die Glee-ster Lea Michele het besluit om ’n kuif te laat sny vir die feestyd. Sy lyk fantasties!

Toe

Such a fun night last night with my Spring Awakening @blakedan seeing @greatcometbway

A photo posted by Lea Michele (@leamichele) on

Nou

Thank you @nikkilee901 for making me album cover ready and for bringing the bangs back today!

A photo posted by Lea Michele (@leamichele) on


Die laaste paar maande sien ons al hoe meer bekendes wat met ’n kuif op die rooi tapyt verskyn – selfs al is dit net ’n aanknip-kuif! Is dit dalk dié seisoen se nuwe haartrend? Ons hoop so, want ’n kuif is van die maklikste en vinnigste maniere om nuwe lewe in jou haarstyl te blaas.

Daar is verskillende weergawes van ’n kuif en jy kan een kies wat by jóú pas. Watter kuif pas by jou? Klik hier.

Lees nou

1D se Harry Styles in dramatiese lokprent

Sorina se Braambossie al singend dié Kersfees

Volwasse ADHD: Jy kan meer geld uitgee in feestyd

The post Lea Michele se nuwe hare laat koppe draai appeared first on SARIE.

Margot Robbie stilletjies getroud

$
0
0

Die Australiese aktrise Margot Robbie, bekend vir haar rolle in The Wolf of Wall Street (2013) en The Legend of Tarzan (2016), is stilletjies met die Britse regisseur Tom Ackerley getrou.

Dis nog onbekend waar die paartjie getrou het, hoewel foto’s uitgelek het van ’n strand waar Margot en Robbie mekaar glo die ja-woord gegeehet, berig Daily Mail.

This guy

A photo posted by @margotrobbie on

A photo posted by @margotrobbie on

Shout out to Granny B + M in the back!

A photo posted by Tom Ackerley (@alpha_meows) on

Tom en Margot is sedert 2014 ’n paartjie en het vroeër vanjaar hul verlowing bevestig.

 

Lees nou

VIDEO: Dié Kardashian is weer enkellopend – kyk hier waarom!

Só hou Donnalee en ander bekendes vakansie

Só vier Naas en Karen Botha Kersfees

The post Margot Robbie stilletjies getroud appeared first on SARIE.

Vakansiebui: Ons gunsteling-Kersfeesadvertensies

$
0
0

As jy soos ons nog op kantoor is, is dit redelik maklik om jouself in die vakansiebui te kry weens die eenvoudige rede dat dit só onmoonlik is om die internet te vermy. Foto’s van vriende op strande en vakansiekopies wat wyd en syd geadverteer word, sal verseker dat jy gereed voel wanneer jou verlof uiteindelik begin. Kyk hier na ons gunsteling-Kersfeesadvertensies – van Mevrou Claus tot John Legend en Chrissy Teigen wat teen mekaar sing! 

Ons is mal oor video’s. Die vinnige wegbreek is partykeer al wat jy nodig het om jou kop bietjie af te skakel. Oorsee is Kersfees gróót en dus is winkels se advertensies van hoë gehalte om nog meer kliënte te lok. Vat ’n blaaskans en kyk hier na ons 5 gunstelinge.

Marks and Spencer

Allegro

Apple

H&M

Target

Lees nou

Wat jy moet weet oor jou huis voor jy weggaan vir die vakansie

Hou vakansie in die binneland! Hier is die top-10 dorpe

Dié top-10 SA vakansieplekke raak vinnig vol!

Lekkerlees-kinderboeke vir die vakansie

The post Vakansiebui: Ons gunsteling-Kersfeesadvertensies appeared first on SARIE.

Uitgevang! Prins George maak al sy presente oop

$
0
0

Die pakkies wat onder die Kersboom wink en nog nie oopgemaak mag word nie, is vir menige kind ’n groot versoeking. Maar vir die kostelike prins George was die wag net een te veel en hy het sommer al begin …

Volgens The Telegraph het die hertog van Cambridge, prins William, prins George uitgevang toe hy die presente onder die boom oopgemaak het. Toemaar, George, ons verstaan die wag is moeilik!

Vanjaar gaan dié gesin van vier Kersfees vier saam met Kate se ouers, Carole en Michael, in Bucklebury, West Berkshire.

Kyk net hoe mooi het Kate onlangs gelyk by die Kersparty vir vrywilligers van die jeugorganisasie The Mix.

Lees nou

Vakansiebui: Ons gunsteling-Kersfeesadvertensies

Margot Robbie stilletjies getroud

Bring dié kleur vir jou geluk?

The post Uitgevang! Prins George maak al sy presente oop appeared first on SARIE.

Dis ’n seuntjie EN ’n 5de baba vir dié bekende!

$
0
0

Baba nommer vyf is op pad vir die Beverly Hills 90210-aktrise Tori Spelling en haar man, Dean McDermott. En dié keer is dit nog ’n seuntjie, berig E! News

Maar Tori en Dean wou nie hê hul kinders moes op die tradisionele manier die geslag uitvind nie. Die paartjie het die Kersboom met blou versierings opgemaak om die nuus te breek aan Liam (9), Stella (8), Hattie (5), en Finn (4).

 

A photo posted by Tori Spelling (@torispelling) on

Tori en Dean is reeds 10 jaar getroud en het in Oktober aangekondig dat hulle nog ’n baba gaan hê.

“Dit was ’n groot verrassing. Maar ons wou nog altyd ’n groot gesin gehad het,” het Tori destyds aan People gesê.

Baie geluk!

Lees nou

VIDEO: Dié Kardashian is weer enkellopend – kyk hier waarom!

VIDEO: Cruz Beckham sing nou ook!

Meghan Markle die meeste gegoogle

The post Dis ’n seuntjie EN ’n 5de baba vir dié bekende! appeared first on SARIE.

Só vier Paul Rothmann Kersfees

$
0
0

Paul Rothmann se werk as Pasella-aanbieder neem hom gereeld na verskillende plekke in die land. Maar sy avontuurlustigheid hou hom aan die reis, ook in sy vrye tyd. Dikwels is die bestemming iewers opwindend in die buiteland.

Sy reisgenoot is sy modelmeisie, Candice Boucher, wat weens haar werk ook gereeld reis. Verlede jaar het hy en Candice in Desember in Viëtnam gaan vakansie hou. Kersdag self was hulle in Hanoi. Vanjaar is dit Jan Tuisbly se karretjie en hulle gaan saam met Paul se familie feesvier.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Waar gaan julle vanjaar Kersfees vier?

Kersfees gaan oudergewoonte saam met my familie in Port Alfred deurgebring word. My ouers, my broer, sy vrou en sy kinders, ek en Candice. Dis gewoonlik ’n fees van kos wat deur my ma voorberei word en hope geskenke, hoofsaaklik vir die kinders.

Wat is dié jaar op jou geskenklys?

Vanjaar is ek nie kieskeurig oor geskenke nie. Dit was so ’n besige jaar, en ek het my familie te min gesien. Ek is net baie bly dat ons almal saam kan wees, veral saam met my ouers. Soos mens ouer word, besef jy hoe spesiaal dit is. Maar as Santa ’n luukse viertrek-motor onder die boom vir my los, wel, dan gaan ek nie kla nie.

Moes jy al Kersvader speel ?

My pa is gewoonlik Kersvader, hy trek sommer die hele uitrusting aan vir sy kleinkinders. Soos hy ouer geword het, het ek die rol begin oorneem van die geskenke uitdeel. Ek’s bly ek hoef nie in Desembermaande daai rooi pakkie aan te trek nie.

Verskaf

FOTO Verskaf

Wat gaan julle eet?

Dis my ma se trots. Oukersaand sowel as Kersdag. Die ete word al ’n maand voor die tyd bespreek … Maar ironies word niks ooit finaal besluit tot so twee dae voor die ete nie. Ek vermoed ons gaan ’n beeshaas-gereg hê hierdie jaar, but you never know. My ma is ’n uitstekende kok, en dis elke jaar ’n reuse-bederf. Die skottelgoed is natuurlik ’n ander storie.

Maak julle op Oukersaand of Kersdag geskenke oop?

Geskenke word Oukersaand oopgemaak, sodra daar die eerste ster sigbaar is. Dit het my mal gemaak as kind en ek het basies verkykers uitgehaal in die hoop dat ek vroeër reeds ’n ster sou kon sien. My broer se seuntjie is deesdae net so hiper-opgewonde daaroor, soos in “byna onbeheerbaar”. Hahaha. Hier is ’n foto waar ons almal op ’n boot is. Dis tipies wat ons op Oukersdag doen om die kinders besig te hou sodat hulle nie heeltemal mal gaan van opwinding oor die geskenke nie.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Is julle Kersfees tradisioneel of modern?

Ek en Candice is meer liberaal in ons Kersbeskouing, terwyl die res meer konserwatief is. Daar is baie teorieë oor die eintlike oorsprong van Kersfees, maar wat vir ons belangrik is, is dat ons dit saam met ons familie vier. Uiteindelik is ons net baie dankbaar vir dié voorreg.

Só vier ander bekendes vanjaar Kersfees:

Sorina se Braambossie al singend dié Kersfees

Desiré se planne vir Kersfees

Zetske en Altus vier Kersfees langs die Weskus

Só vier Naas en Karen Botha Kersfees

Lees nou

Dis ’n seuntjie EN ’n 5de baba vir dié bekende!

Irina se ring lyk nes Kate s’n

Margot Robbie stilletjies getroud

The post Só vier Paul Rothmann Kersfees appeared first on SARIE.

5 wenke om dié feesseisoen te spaar

$
0
0

Dis vakansietyd en alles is lekker – die weer, die kos, die geselskap.

Maar voor jy jou oë uitvee, is die beursie baie dunner en die nuwe jaar se skuld hoop op.

Hier’s ’n paar wenke om te spaar …

Eet tuis

Maak eerder self kos tuis as om uit te eet. Uiteet raak vinnig duur, veral met ’n groot groep mense.

Steek die kredietkaart weg

Moet nooit geld uitgee wat jy nie het nie, dit laat die skuld net ophoop.

Onverwagte uitgawes

Wanneer jy ’n onverwagte uitgawe het - klein of groot - skryf dit neer en wees bewus van hoe dit jou langtermyn-begroting gaan beïnvloed.

Hou boek!

Hou boek van hoeveel geld jy het en elke uitgawe wat jy aangaan. Die uitgawes moet verkieslik altyd minder as die inkomste wees!

Die begeertes kan wag

Wees bewus van jou behoeftes en begeertes. Voldoen eers aan jou basiese behoeftes en as daar geld oor is, kan jy aan jou begeertes werk. Spaar dalk bietjie langer en die waardering is soveel groter!

En as jy dit regkry om dié Desember by jou begroting te hou, hou momentum!

Die beste is om reg deur die jaar te spaar aan ’n spesiale fonds, sê Stephan Buys, Hoof van Strategiese Samewerking by FNB Cash Investments.

“As jy deur die jaar elke maand R200 gespaar het, het jy in Desember ’n ekstra R2 400. En na gelang van jou spaarplan kan jy rente trek sodat dié bedrag nóg meer kan wees,” sê Stephan.

Bron: FNB Cash Investments.

Lees nou

Vakansiebui: Ons gunsteling-Kersfeesadvertensies

Volwasse ADHD: Jy kan meer geld uitgee in feestyd

Só vier Naas en Karen Botha Kersfees

The post 5 wenke om dié feesseisoen te spaar appeared first on SARIE.


Kersstrik vir jou Coca-Cola

$
0
0

As dit kom by bemarking en slim veldtogte, is daar een maatskappy wat dit byna altyd beter kan doen as die ander: Coca-Cola. Hulle glo jy verkoop ’n leefstyl, nie ’n produk nie. En vir jare al is Coca-Cola voor in die koor as dit by Kersfees kom.

Ons almal ken die bekende advertensie waar Kersvader ’n glas Coke bo die melk en koekies verkies. Dan is daar natuurlik die groot Kersfeestrok wat met helder liggies versier is en Amerika platry om vreugde na die mense te vat.

FOTO

FOTO Facebook / Coca-Cola

Maar vanjaar se veldtog oortref alles wat Coca-Cola al ooit voorheen gedoen het. Om die bottels is ’n spesiale etiket wat jy lostrek en wat dan binne sekondes ’n strik vorm. Ons hier by SARIE kan skaars glo dat iemand aan so iets kon dink. Ek is eintlik bietjie groen van jaloesie dat dit nie my idee was nie!

Kyk hier:

Dis ook in Suid-Afrika beskikbaar. Volgens Coca-Cola is dié strik beskikbaar op al die 2 liter-bottels, gewone sowel as suikervrye produkte.

Al drink jy nie eens Coca-Cola nie, sal so ’n strik om ’n bottel jou dag mooier maak – en dís waaroor Kersfees gaan: Om vreugde en geluk te saai.

Lees nou

Perfekte musieklys vir Kersfees

Só vier Paul Rothmann Kersfees

Irina se ring lyk nes Kate s’n

The post Kersstrik vir jou Coca-Cola appeared first on SARIE.

Kyk die eerste foto van Mick Jagger se 8ste kind!

$
0
0

Die legendariese hoofsanger van The Rolling Stones, Mick Jagger, is weer pa – vir die agtste keer!

Mick se meisie, die 29-jarige ballerina Melanie Hamrick, het vroeër in Desember die lewe geskenk aan hul seun. En nou het ons uiteindelik ’n naam en foto om by die oulike baba te sit!

via GIPHY

Wêreld, ontmoet klein Deveraux Jagger!

A photo posted by Melanie Hamrick (@melhamrick) on

Mick het reeds sewe kinders uit sy vorige verhoudings met Marsha Hunt, Bianca Jagger, Jerry Hall en Luciana Gimenez Morad. Sy oudste dogter met die aktrise Marsha Hunt, Karis Jagger, is 47 jaar oud. Sy naasjongste seun is die 17-jarige Lucas Jagger uit sy verhouding met die voormalige model Luciana Morad.

Baie geluk, Mick en Melanie!

Lees nou

VIDEO: Dié Kardashian is weer enkellopend – kyk hier waarom!

Dis ’n seuntjie EN ’n 5de baba vir dié bekende!

Uitgevang! Prins George maak al sy presente oop

The post Kyk die eerste foto van Mick Jagger se 8ste kind! appeared first on SARIE.

’n Seuntjie vir Rolene

$
0
0

Vroeër vanjaar het ons bespiegel dat die Suid-Afrikaanse skoonheid Rolene Strauss dalk ’n seuntjie verwag. Sy het immers al hoe meer begin blou dra. Nóú het Rolene en haar man, D’Niel Strauss, die geslag verklap en dis wraggies ’n seuntjie!

Die paartjie het die nuus eksklusief met Huisgenoot gedeel.

Ons wonder wat hul eersteling se naam gaan wees. Die baba is glo byna hier.

Lees nou

Marciel skryf oor 2016: Ek’t gegroei

Kyk die eerste foto van Mick Jagger se 8ste kind!

Perfekte musieklys vir Kersfees

The post ’n Seuntjie vir Rolene appeared first on SARIE.

Candice en Paul verwag hul eersteling

$
0
0

Volgende jaar gaan beslis ’n goeie jaar wees vir die Pasella-aanbieder Paul Rothmann en die model Candice Boucher: hul eersteling is op pad!

Ja, ’n week gelede het ’n stralende Candice op Instagram ’n foto van haar bababoep gedeel.

“Ons het dit maar stil gehou, maar kan dit nie meer wegsteek nie. Gonna be a new adventure,” het Paul aan SARIE.com vertel.

Die paartjie sal Kersfees in Port Alfred, Oos-Kaap, saam met sy ma-hulle, sy broer en sy vrou en hul kinders vier.

“Dis gewoonlik ’n fees van kos wat deur my ma voorberei word en hope geskenke, hoofsaaklik vir die kinders,” vertel Paul.

Lees meer oor hul Kersfeesplanne hier.

Paul wou nie veel uitwei oor hul kleinding nie, behalwe dat dit ’n seuntjie is!

Baie geluk, Paul en Candice.

Lees nou

’n Seuntjie vir Rolene

Marciel skryf oor 2016: Ek’t gegroei

Perfekte musieklys vir Kersfees

 

The post Candice en Paul verwag hul eersteling appeared first on SARIE.

Graeme Smith is weer pa!

Viewing all 1931 articles
Browse latest View live