Vandag vier Kate Middleton, die hertogin van Cambridge, haar 35ste verjaarsdag. SARIE.com het besluit om die stylvolle prinses se dag ook te vier deur haar 35 uitrustings wat ons die meeste beïndruk het en by bly te kies.
6 Desember, 2013
In ʼn ivoorkleurige aandrok met ʼn halssnoer van Zara by die Koningshuis première van die rolprent, Mandela: Long Walk to Freedom.
11 Mei, 2012
In ʼn groenblou rok met kant detail by ʼn Olimpiese Spele-temakonsert by die Royal Albert Hall in Londen. Sy dra ʼn paar Jimmy Choo hakskoene en ʼn bypassende handsak.
9 Julie, 2011
Kate maak ʼn verskyning by die BAFTA – ‘Brits to Watch’ toekennings in ʼn laventelkleurige rok deur ontwerper Alexander McQueen rok. Haar diamant kandelaar oorbelle het sy by William se ouma, koningin Elizabeth II geleen.
29 April, 2011
Die ikoniese trourok deur Sarah Burton vir Alexander McQueen. Na bewering het meer as 2 biljoen mense reg oor die wêreld na dié troue op TV gekyk.
16 November, 2010
Die saffierblou oorvourok waarin Kate en William hul verlowing aangekondig het. Replikas van die rok het uitverkoop.
18 Desember, 2011
Nog ʼn Alexander McQueen-rok by die Imperial War Museum in Londen. Mouloos, swart en klassiek. Haar kaal skouers is versier met ʼn diamant halssnoer.
23 Oktober, 2013
Tydens prins George se doop in ’n geriffelde roomkleurige rok deur haar gunsteling-ontwerper, Alexander McQueen, en ’n fascinator deur Jane Taylor.
6 Desember, 2012
Die ivoorkleurige aandrok met sy hoë spleet deur Roland Mouret het sy al vantevore gedra. Kate dra haar klere gemaklik meer as een keer. Vir die première van Mandela: Long Walk to Freedom het sy net ʼn halssnoer van die winkelgroep Zara by gesit.
11 Februarie, 2014
Inkblou aandrok van sy en tulle met ʼn indrukwekkende halssnoer by ’n gala van die National Portrait Gallery.
April 24, 2014
In Canberra, Australië, in ʼn smaraggroen jasrok.
4 Augustus, 2014
Nog ʼn jasrok, weer ʼn keer Alexander McQueen! En weer haar staatmaker vleeskleurige balletskoene. Kate weet wat werk vir haar, maak nie saak waar sy in die wêreld is nie. Die jas het sy in België gedra.
20 Oktober, 2015
In ʼn lang vloeiende rooi aandrok deur ontwerper Jenny Packham by haar eerste Staatsbanket. En die tiara is een uit koningin Elizabeth II se persoonlike versameling.
23 Oktober, 2015
’n Swart rolnektrui, swart langbroek en lang, swart stewels onder ʼn kobaltblou jas. Ideaal vir ʼn koue oggend in Skotland.
26 Oktober, 2015
Op die rooi tapyt in ’n chiffon aandrok deur Jenny Packham. Met die mooiste blink bykomstighede.
27 Oktober, 2015
Kate het die koppe laat draai in die blou-en-rooi-blompatroon aandrok vir ’n ete by die Victoria & Albert Museum in Londen.
11 April, 2016
In Indië vir ʼn partytjie om koningin Elizabeth se 90ste verjaardag te vier. Sy lyk onweerstaanbaar in die wit en swart Temperly London rok.
13 April, 2016
Tydens haar besoek aan Indië dra Kate ʼn pienk geborduurde rok van die Britse kettingwinkel groep, Topshop.
4 Mei, 2016
In Hampton Court in ʼn jas deur Michael Kors.
21 Mei, 2016
Selfs op haar afdag lyk Kate stylvol. Al is dit net in ʼn swart trui en donker denim jeans en ʼn paar swart Adidas tekkies, die turkoois veters rond die prentjie mooi af.
![FOTO Want Her Style]()
FOTO Want Her Style
6 Julie, 2016
In ʼn wit skouerlose rok en ʼn paar sandale vir aandete by die Natural History Museum in Londen.
7 Julie, 2016
Tydens Wimbledon steel Kate die kollig in haar heldergeel rok. Haar staatmaker pienk balletskoene is weer ʼn gewilde keuse.
September 25, 2016
Tydens ʼn staatsbesoek aan Kanada vier Kate die Kanadese vlag deur ʼn rok te dra in wit en rooi.
September 27, 2016
Sy toer verder deur Kanada en dra onder meer die mooi groen Dolce & Gabbana rok.
8 Desember, 2016
Vir die tweede keer dra Kate die rooi vloerlengte Jenny Packham aandrok vir Buckinghampaleis se amptelike ontvangs van diplomate.
25 Desember, 2016
In ʼn wynrooi Hobbs-jas met pelsafwerkings, prinses Charlotte gemaklik in haar arms.
3 November, 2016
By ʼn film-première in Londen in ʼn wit kantrok met ʼn hoë spleet, osbloed skoene en ʼn bypassende handsak.
10 Junie, 2016
Tydens die eindronde van die mans by Wimbledon in ’n midi-rok met patrone op.
12 Junie, 2016
Vir die koningin se verjaarsdagtee in Londen dra Kate ’n Roksanda rok met haar neutrale balletskoene.
14 Maart, 2016
Stylvol in ʼn grys monogram jas en ʼn wyerand hoed en fluweelskoene tydens die Statebond diens vir Koning Elizabeth se 90ste verjaarsdag.
November 18, 2015
Ontwerper Matthew Williamson het die pastelkleurige rok met turkoois afwerking en blougroen bykomstighede vir Kate gemaak.
18 April, 2014
Strand besoek aan Manly Beach, Australië, in ʼn Zimmermann-rok.
7 April, 2014
In Wellington, Nieu-Seeland in ʼn jas.
9 Julie, 2011
In ’n Jenny Packham rok en L. K. Bennett skoene by Santa Barbara Polo and Racquet Club.
8 Julie, 2011
In ʼn groen Diane von Fürstenberg-rok in LA.
29 September, 2011
Kate laat iets eenvoudig soos die ligpienk rok stylvol en elegant lyk. Dit was tydens ʼn fondsinsameling vir die Royal Marsden Hospitaal in Suid-Londen.
Lees nou
Kate Middleton se stokperdjie
Kyk wie speel Kate Middleton …
Kate Middleton laat wéér die koppe draai!
The post Kate Middelton 35 jaar, 35 beste uitrustings appeared first on SARIE.